Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Opod moet aan LP’s kom verduidelik oor onthullings

“Kommerwekkende aantygings” wat die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in ’n slegte lig stel, het die portefeuljekomitee oor polisie genoop om Opod vir ’n inligtingsessie te ontbied.

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portefeuljekomitee oor polisie, sê sy lees in die media oor beweerde grootskaalse manipulasie van statistieke en die toesmering van polisiebeamptes se misdrywe.

Luidens berigte is honderde en dalk selfs duisende ondersoeke teen polisiebeamptes sedert 2012 moontlik sonder geldige redes gesluit.

Dit blyk uit dokumente wat Dinsdag deur Viewfinder, wat deur Daily Maverick en GroundUp gestig is, onthul.

In die dokumente kla Opod-ondersoekers dat hulle onder geweldige druk is om “kortpaaie” te vat om sake af te handel. Een van die redes hiervoor is glo sodat Opod se statistieke “kon goed lyk op papier”.

Intussen is die families van slagoffers sonder antwoorde gelaat omdat sake voortydig gesluit is, berig Viewfinder.

Die komitee het Donderdag besluit om Opod te vra vir ’n uitgebreide inligtingsessie hieroor. Dit gebeur op 23 Oktober.

“Die komitee is bekommerd dat sulke insinuasies, indien korrek, Opod se wetgewende rol en sy mandaat om die publiek teen die polisie te beskerm, ondermyn,” sê Joemat-Pettersson in ’n verklaring.

Ná die vergadering sal ’n behoorlike beslissing, gevolg deur gepaste aanbevelings, gemaak word.

“Die komitee is onwillig om uitsprake te lewer voordat hy eerstehandse inligting hieroor kry. Nietemin beskou die komitee hierdie berigte in ’n ernstige lig en het hy hom daartoe verbind om die waarheid uit te vind,” sê Joemat-Pettersson.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.