Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Opposisie skop vas oor veral een naam op SAUK-lys

Parlementslede het Donderdag agt kandidate vir die SAUK-raad gefinaliseer te midde van heftige teenstand van opposisiepartye oor veral een kandidaat.

Lerumo Kalako, ANC-LP, het die name voorgelees wat die regerende party voorstel.

Dit sluit in Mary Papayya, raadslid van die Suid-Afrikaanse Redakteursforum (Sanef), Jasmina Patel, ’n interne ouditeur, dr. Marcia Socikwa is ’n voormalige raadslid van die Onafhanklike Kommunikasie-uitsaaiowerheid (Okosa), Mamodupi Mohlala-Mulaudzi, regsgeleerde en Okosa-raadslid, Bernedette Muthien (navorser en digter wat projekte vir nasionale en internasionale instellings ontwerp en uitvoer), adv. Motshedi Benjamin Lekalakala Cooper (akademikus en apartheidstryder) en David Maimela, navorser aan die Mapungubwe-instituut.

Die DA en die EFF was nie ten gunste van al die kandidate nie, maar het heftig beswaar gemaak teen Cooper omdat hy die raad kan “vernietig”.

Beswaar is ook gemaak teen David Maimela, ’n ANC-lid, weens sy openlike aktiwiteite op sosiale media ten gunste van die regerende party.

Phumzile Van Damme, DA-LP, het sterk beswaar geopper teen Cooper se aanstelling op die raad.

“Hy was gedurende sy onderhoud arrogant en verkleinerend teenoor LP’s op die komitee. So, hy gaan nie iemand wees wat sal dink hy moet deur die komitee aanspreeklik gehou word nie. Daar was ’n ministeriële komiteeverslag wat toon dat hy homself met aanhangers omring het en onder meer onreëlmatige aanstellings gedoen het.”

Sy het gesê Socikwa, wat ’n “uitstekende kandidaat” was, het dokumente gebring wat die teendeel bewys oor bewerings wat teen haar gemaak is, terwyl Cooper geen bewyse tot die teendeel verskaf het nie.

“Dr. Cooper is heeltemal ongeskik vir die SAUK-raad. Hy hoort nie op die SAUK-raad nie. Hy sal die raad vernietig. Mense sal onder hom bedank weens sy karakter – weens sy arrogansie. Hy sal die raad vernietig. Saths Cooper, hel nee!” het Van Damme gesê.

Die Nasionale Vergadering sal aanstaande week die verslag waarin die name vervat is, debatteer en daaroor stem.

Mbuyiseni Ndlozi, EFF-LP, is ook heftig gekant teen Cooper. “Saths Cooper, ek dink die hele bedryf sal ernstig beledig en ondermyn deur dié kandidaat wees. Hy is selfbehep. Sy geskiedenis in die postapartheid-era wys dat hy ’n swak leier by ’n universiteit was. Die man het nie uitsaai-agtergrond nie. Die punt is – daar is bewyse van swak leierskap en wanbestuur by ’n instelling.”

Kalako het in sy motivering gewys op Papayya se ervaring as joernalis asook dat sy die televisiebedryf goed verstaan en voorstelle gemaak het oor hoe die SAUK verander kan word. Volgens hom is sy baie onafhanklik en sterk.

Patel het ook ervaring in verskillende velde as interne ouditeur in verskillende organisasies en maatskappye waar sy dié eenhede geskep het.

Socikwa beskik oor ervaring in verskillende sfere en verstaan die sektor baie goed, terwyl Mohlala-Mulaudzi volgens Kalako ook uitstaande en wye ervaring het en onafhanklik is.

Muthien het ervaring in gemeenskapskwessies en is iemand wat ’n bydrae op die raad sal kan lewer rondom die kwessie van gemeenskappe, terwyl Lekalakala ervaring en kwalifikasies het veral rondom die uitsaaiwese en telekommunikasie.

Kalako het Cooper as baie onafhanklik en geloofwaardig beskryf. “Hy het ervaring selfs in dié veld en is nie ’n walk over nie, daarom kruis hy altyd swaarde met baie mense. Hy staan vir dit waarin hy glo.”

Hy het Maimela as iemand beskryf met ’n blink toekoms en potensiaal wat ’n groot bydrae tot die SAUK kan lewer.

Die Nasionale Vergadering sal aanstaande week die verslag waarin die name vervat is, debatteer en daaroor stem.

Meer oor:  Kandidatelys  |  Politiek  |  Da  |  Anc  |  Eff  |  Sauk-Raad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.