Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Opposisie trek laer om De Lille

Opposisiepartye in die Kaapstad-metroraad is dit eens dat die DA besig is om hul eie magte te oorskry deur Patricia de Lille, burgemeester van Kaapstad, se magte te probeer inperk.

De Lille is tydelik in haar pos as burgemeester en as DA-raadslid heraangestel, hangende die uitspraak in haar hersieningsaansoek in die hooggeregshof in Kaapstad oor die DA se proses wat gebruik is om haar uit die party te skop.

Patricia de Lille

De Lille se eie metroraadkoukus het aangedui dat hulle nie met haar kan saamwerk nie.

Die ANC, die ACDP en die EFF het almal teen die DA uitgevaar oor hul behandeling van De Lille.

Xolani Sotashe, ANC-koukusleier in die metroraad, sê wat die DA doen, is nie net onwettig nie, maar dui daarop dat hulle sukkel om tussen die party en regering te onderskei.

“Wat die DA met De Lille se magte doen, is onwettig. Dis nie die DA wat oor magte besluit nie, maar die metroraad,” sê Sotashe.

Hulle behandel die stad soos hulle eie “spaza shop”.

Grant Haskin van die ACDP waarsku dat die DA moet versigtig trap voordat hulle die raad se gesag ondermyn.

Haskin sê die Kaapse burgemeester kry haar gesag en magte uit twee bronne – nasionale wetgewing en die raad – en nie eens die DA kan dit verander nie.

Volgens Haskin kan die DA nie die mag en gesag wat aan die burgemeester toegewys word, onttrek nie.

“Die DA se 66% kan dit nie verander nie. So prakties gesproke bly die burgemeester in alle opsigte, tot en met die hooggeregshof op of ná 25 Mei anders besluit, in haar pos met al haar magte,” sê hy.

Melikhaya Xego van die EFF het hom ook sterk oor die drama aangaande de Lille se magte uitgespreek.

“Die DA dink hulle is die raad, maar hulle het nie die reg om De Lille se magte op te skort nie.”

Ian Neilson, adjunkburgemeester, het vroeër gesê dat hulle reeds kyk watter verdere maatreëls ten opsigte van De Lille se statutêre magte ingestel kan word.

JP Smith, adjunkleier van die koukus en burgemeesterskomiteelid, het op sy beurt gesê dat die metro se volgende burgemeester sal funksioneer in ’n omgewing waarin ’n groot deel van die magte kollektiewe besluitneming sal insluit, wat gepaard gaan met ingeboude oorsig.

Meer oor:  Patricia De Lille  |  Opposisie  |  Burgemeester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.