Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Optrede by Ace-saak in Bfn ‘laat vrae oor wie land regeer’
Ace Magashule

Die “wetteloosheid” in Bloemfontein waar Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, en sy medebeskuldigdes Vrydag weer in verband met die asbesdak-skandaal in die hof verskyn het, laat vrae oor wie Suid-Afrika regeer.

Magashule se ondersteuners het in die strate en op Hertzogplein saamgedrom en is “bra sagkens” deur die polisie hanteer, terwyl hy rondgery is.

So sê prof. Hussein Solomon, hoof van die departement van politieke wetenskap aan die Universiteit van die Vrystaat.

Prof. Hussein Solomon Foto: Argiewe

“Waarom het die polisie niemand in hegtenis geneem nie? Die wet is tog duidelik dat net ’n sekere getal mense (ingevolge die koronavirusregulasies) by buitelugbyeenkomste mag wees.”

Dit kom nadat brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, Sondag gesê het dat geen arrestasies nog gemaak is nie, maar dat ondersoeke wel aan die gang is.

Brig. Motantsi Makhele Foto: Argiewe

Solomon sê om dié Ace-ondersteuners toe te laat om die regbank aan te val soos wat hierdie “radikale ekonomiese transformasie-magte” gedoen het, terwyl dit die hele bastion van demokrasie is, laat skerp vrae ontstaan.

“Maar dit is nie net die Magashule-ondersteuners wat na die regbank mik nie. Julius Malema, EFF-leier, en oudpres. Jacob Zuma met sy weiering om voor die Zondo-kommissie te verskyn, doen dit ook, terwyl Magashule se weiering om as sekretaris-generaal opsy te staan ’n boodskap van minagting na die ANC en pres. Cyril Ramaphosa stuur.”

Maar dit is nie net die Magashule-ondersteuners wat na die regbank mik nie.

Solomon sê die asbesdak-skandaal van R255 miljoen, is die “oortjies van die seekoei” as na al die omstrede Vrystaatse projekte gedurende die premierskap van Magashule gekyk word.

Hy sê hy is bekommerd omdat Magashule se saak tot Augustus uitgestel is, omdat dit ondersteuners meer kans gee om te mobiliseer. Dit terwyl Umkhonto we Sizwe (MK)-veterane voor Nkandla, Zuma se woning, uitkamp.

“Met die aanbreek van die nuwe Suid-Afrika is die MK- en Apla-magte by die Suid-Afrikaanse weermag geïnkorporeer – ’n ooreenkoms waaroor by Kodesa onderhandel is.”

Hy sê dit wil voorkom asof die president nie sy eie land regeer nie en dat dié “swakheid” deur die Magashule-faksie uitgebuit word.

“Dit veroorsaak dat mense skepties is om in verkiesings te stem omdat hulle nie dink dat dit beter sal gaan nie.”

Monnapule Ntamo van die ANC en die organisasie Agents of Change in die Vrystaat wat teen korrupsie veg, sê “niemand is verhewe bo die reg nie en wetsoortreders moenie straffeloos bly nie”.

“Ons is baie teleurgesteld in die polisie wat nie die Magashule-ondersteuners gearresteer het nie. Dit is egter verkeerd om te sê daar is ’n politieke geknoei sodra ANC-politici in hoë ampte aangekla word.”

Ndleleni Boyilane, ook van Agents for Change, het gesê “die hulpbronne van die Vrystaatse provinsiale regering en sy munisipaliteite word deur korrupsie weggekalwe”.

“Ons is kwaad omdat Magashule-ondersteuners toegelaat is om oral ANC-klere, -vlae en -baniere op straat te koop, terwyl hulle die koronavirusregulasies oortree het.”

Hy het ook gesê dat hulle teleurgesteld in die polisie is.

Dr. Ralph Mathekga, politieke ontleder van die Universiteit van die Witwatersrand en rubriekskrywer vir News24, sê die ANC het beheer oor homself verloor.

Dr. Ralph Mathekga Foto: Noko Mashilo

“Dit veroorsaak angs oor veiligheidskwessies onder die publiek. Daar is ’n nasionale angstigheid te bespeur. Die soeklig val nou op die polisie, weermag en nasionale intelligensiediens. Daar is ook vervaagde lyne tussen die staat en die ANC te bespeur, wat kommerwekkend is.”

Lawrence McDonald, ANC-LP. Foto: Argiewe
Edward Zuma Foto: Argiewe

Dat Lawrence McDonald, ANC-LP van Bloemfontein, en Zuma se seun Edward by die hof was, is ook opvallend.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Cyril Ramaphosa  |  Anc  |  Politiek
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.