Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oscar Mabuyane ANC se man vir premierskap in Oos-Kaap

Die ANC in die Oos-Kaap het bevestig dat Lubabalo Oscar Mabuyane die party se premierskandidaat in die provinsie is.

Oscar Mabuyane
Oscar Mabuyane is die ANC se premierskandidaat vir die Oos-Kaap. Foto: Argief

Die party glo dat Mabuyane politieke stabiliteit in die provinsie kan bring en partylede sal aanmoedig om met hernude ywer te werk om ’n beter lewe vir die inwoners van die Oos-Kaap te verseker.

Lulama Ngcukayitobi, provinsiale sekretaris van die ANC, sê nie net is Mabuyane die regte persoon vir dié leierspos nie, maar hy het ook die regte visie om die provinsie tot groter hoogtes te neem en om dienslewering te verbeter.

Volgens Ngcukayitobi het Mabuyane se voorganger, Phumulo Masualle, reeds die weg hiervoor gebaan.

“Die aanstelling van ’n premierskandidaat wat deel is van die uitvoerende raad is ’n bewys van die ANC se toewyding tot ’n naatlose oorgang na nuwe leierskap. Dit is ’n bewys van die ANC se vermoë om te lei.”

Volgens die ANC is die manier waarop Mabuyane die departemente van finansies, ekonomiese ontwikkeling, omgewingsake en toerisme in sy kort tydjie in die regering gelei het ’n bewys daarvan dat hy die nodige ondervinding het.

Die party het ’n beroep op alle rolspelers gedoen om Mabuyane te ondersteun.

“Ons twyfel nie vir een oomblik dat ons werk sal kan maak van die uitdagings soos armoede, werkloosheid en ongelykheid in die provinsie nie. Ons provinsie is vandag ’n beter plek as wat dit in 1994 was,” lui die ANC se verklaring.

Meer oor:  Anc  |  Oos-Kaap
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.