Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
O’Sullivan trap Myeni uiteindelik vas

Die forensiese ondersoeker Paul O’Sullivan het uiteindelik daarin geslaag om ’n dagvaarding te beteken aan die omstrede Dudu Myeni, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL), wat hom vir jare ontduik het.

Paul O’Sullivan

O’Sullivan, wat indertyd bekendheid verwerf het weens sy ondersoeke na die oudpolisiebaas Jackie Selebi, eis in ’n siviele geding meer as R156 miljoen van onder meer Myeni.

’n Hofklerk het Dinsdagoggend in Pretoria die dagvaarding aan Myeni beteken kort voordat sy haar getuienis voortgesit het in die onverwante hooggeregshofaansoek waarin die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) en die SAL se Vlieëniersvereniging (Saapa) haar as ’n misdadige direkteur wil laat verklaar. O’Sullivan sê hy het sy prokureurs, Hurter Spies, opdrag gegee om Myeni in die hof voor te keer nadat hy toestemming by die regter gekry het.

“Dit was nodig omdat sy doelbewus kat en muis gespeel het sedert die dagvaarding in 2018 uitgereik is. Ons het talle verslae van ‘die ligte is aan maar daar is niemand tuis nie’ of ‘ons het die gordyne sien roer, maar niemand het deur toe gekom nie’. Daardie dae is nou verby.”

Myeni se prokureur, Daniel Mantsha, het aan Fin24 gesê die dokument wat aan sy kliënt oorhandig is, was nie ’n dagvaarding nie en sy het dit nie geteken nie.

O’Sullivan eis bedrae wat wissel van R700 000 en R5,6 miljoen in agt siviele sake.

Hy was tussen 2006 en 2016 in sy persoonlike hoedanigheid by ondersoeke na korrupte bedrywighede betrokke.

Dit het verskeie hoës betrek, waaronder Selebi, Khomotso Phahlane, waarnemende nasionale kommissaris (2016), genl. Berning Ntlemeza, voormalige hoof van die Valke (2015) en lt.genl. Vineshkumar Moonoo (2014), ’n speurhoof in die Suid-Afrikaanse polisie.

O’Sullivan het ook tussen Maart 2015 en Januarie 2016 strafregtelike sake vir beweerde bedrog en korrupsie teen Myeni geopen. Hy is toe jare lank geteiken en is verskeie kere in hegtenis geneem.

Die eerste keer was op 1 April 2016 toe hy deur 15 lede van die Valke en polisie op die O.R. Tambo-lughawe aangekeer is terwyl hy en sy twee minderjarige dogters (8 en 9) in ’n vliegtuig was wat op die punt was om na Londen te vertrek.

Hy is daarna twee dae lank by die Pretoria-Sentraal-gevangenis aangehou waar daar ontlasting op die vloer was – en rotte.

“Dit was bedoel om my te martel, teister, intimideer en skade aan te doen,” voer O’Sullivan in hofstukke aan en hiervoor eis hy R4 miljoen.

Sy eis van R5,6 miljoen van die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en die SAPD het te make met nog ’n onregmatige inhegtenisneming.

O’Sullivan sê in sy hofstukke Myeni het tussen Maart 2015 en 7 April 2016 meegewerk om, in samewerking met ene ao. Joshua Vlok, vals klagte van afdreiging, intimidasie, bedrog en vervalsing by die Kempton Park-polisiekantoor teen hom in te dien. Alle klagte het misluk.

O’Sullivan sê Myeni sal nou in ’n hof moet verskyn oor die eis, “iets wat sy . . . sedert 2018 vermy”.

“Outa wil haar as ’n misdadige direkteur laat verklaar, Forensics for Justice (sy maatskappy) wil haar in die tronk hê en sy moet ook betaal.

“Sy is beskerm teen die sake wat ons teen haar gemaak het en as dit voortduur, gaan ons private vervolging instel,” sê O’Sullivan.

Meer oor:  Dudu Myeni  |  Paul O’Sullivan  |  Dagvaarding  |  Outa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.