Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ou vlag het gestaan vir swart uitsluiting’

Oudminister DF Malan se motief vir die ou vlag in 1928 was om spanning tussen die Nederlanders en Engelse in die land uit te stryk en was bedoel om swart mense uit te sluit, het die Nelson Mandela-stigting se prokureur, Tembeka Ngcukaitobi, Maandag in die hooggeregshof in Johannesburg betoog.

Dié hof sit vandeesweek as ’n gelykheidshof.

“Die ou vlag is ’n simbool van rassehaat en diskriminasie. Malan, (Barry) Hertzog en (Jan) Smuts (almal staatslui in die destydse NP) het in ’n wit parlement gesit. Hulle wou wit rasverskille versoen,” het Ngcukaitobi aangevoer.

Die stigting is van mening dat die vlag in ’n museum of in akademiese en joernalistieke kontekste hoort.

Die Nelson Mandela-stigting en Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie bring ’n aansoek om ’n verklarende bevel vir duidelikheid oor die definisie van haatspraak, soos vervat in art. 10 van die gelykheidswet (die Wet op die Bevordering van Gelykheid en Voorkoming van Onregmatige Diskriminasie) en hoop dat die hof die vertoon van die ou vlag kan verbied.

Die stigting is van mening dat die vlag in ’n museum of in akademiese en joernalistieke kontekste hoort.

Volgens Ngcukaitobi word die aansoek teen die burgerregteorganisasie AfriForum gebring nadat sy lede glo die oranje, blanje, blou op die Swart Maandag-protesoptogte teen plaasmoorde in 2017 rondgeswaai het.

AfriForum staan die aansoek teen en ontken die aantygings.

Ngcukaitobi het Maandag gesê die ou vlag “toon op wit oppergesag” en “het geen ander betekenis nie”. Hy sê dit dui op ’n tyd in die land se geskiedenis waar rasmeerderwaardigheid geseëvier het, “tot in 1993, met die instel van die nuwe Grondwet”.

Ngcukaitobi het na regspraak verwys (Le Roux versus Dey) waar ’n gemanipuleerde foto sonder ’n onderskrif wel volgens die konstitusionele hof laster uitgebeeld het. Volgens Ngcukaitobi het die hoogste hof bevind: “Betekenis word gewoonlik deur woorde weergegee, maar ’n prent kan ook ’n boodskap deurgee wat soms sterker as woorde is.”

Ngcukaitobi sê verder: “AfriForum erken dat die vlag die kapasiteit het om emosionele stres te veroorsaak – maar dis ’n aanslag op menswaardigheid! Dis wat AfriForum skynbaar nie snap nie.”

Adjunkregterpresident Phineas Mojapelo hoor die aansoek aan.

Die saak duur voort.

Meer oor:  Mrk  |  Nelson Mandela-Stigting  |  Tembeka Ngcukaitobi  |  Vlag
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.