Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oud-aktiviste kap Zuma ná hy uit sitting loop

Die Strategic Dialogue Group (SDG), ’n groep wat bestaan uit voormalige ANC-jeugaktiviste, het Vrydag oudpres. Jacob Zuma se besluit om uit die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping te stap, skerp veroordeel.

Die SDG, waarvan die lede meestal deel was van studente- en jeugorganisasies in die laat 1970’s, 1980’s en 1990’s, sê Zuma het sy ampseed verraai.

Prof. Billy Ramokgopa het in ’n verklaring gesê Zuma se bewering van ’n politieke sameswering het geen feitelike gronde nie.

“Zuma verkondig al langer as ’n dekade ’n politieke sameswering in ’n poging om sy oneindige regsprobleme weg te verduidelik en om simpatie te soek by ANC-lede en die volk. Een ding was konsekwent: Hy het tot nou toe misluk om bewyse te lewer van só ’n sameswering voor die howe en die Zondo-kommissie.”

Oudpres. Jacob Zuma, wat Donderdag sonder toestemming uit die Zondo-kommissie geloop het. Foto: Melinda Stuurman

Hy het daarop gewys voormalige staatshoofde bly ná hul aftrede deel van die openbare lewe “met baie mense wat hulle steeds as rolmodel beskou”.

Onwaardige of onbehoorlike optrede aan hul kant word ’n kwessie van openbare belang. “Daarom veroordeel (ons) Zuma se optrede om te verseker dit word nie as ’n heldedaad beskou nie.”

Ramokgopa het gesê Zuma se optrede is deel van ’n “diep ontstellende tendens deur sommige leiers in die regerende party”.

“(Hul) optrede stuur die vulgêre boodskap uit dat daar twee wette bestaan – een vir ANC-leiers en ’n ander vir landsburgers wat nóg ANC-lede is, nóg bande met politici in die hoë poste het.”

Die Strategic Dialogue Group (SDG), ’n groep oud ANC-jeugaktiviste, het Zuma se besluit veroordeel. Foto: Melinda Stuurman

Hy het gesê die baie ANC-lede wie se hande vuil is, dig hul probleme toe aan ’n “politieke sameswering” wanneer besluite deur die vervolgingsowerhede hulle, hul vriende of medewerkers ongunstig beïnvloed.

“Hulle … beswadder sulke besluite met min of geen feite, logika of rasionaliteit in die hoop dat venynige faksie-politiek, en nie die wet nie, die finale arbiter van regsdispute sal word.”

Ramokgopa het ’n beroep op ANC-lede en aktiviste gedoen om versigtig te wees vir diegene wat “smous met die storie van politieke sameswering”.

“Om mislei te word deur dié vertroue-verneukers sal verreikend wees vir die toekoms van Suid-Afrika en sy mense.

“Laastens doen ons ’n beroep op die Zondo-kommissie om Zuma van minagting aan te kla. As dit nie gedoen word nie, sal dit die kommissie en die wet as magteloos bewys.”

Regter Raymond Zondo Foto: Melinda Stuurman

Adjunkhoofregter Raymond Zondo het Donderdag Zuma se aansoek om homself as voorsitter van die kommissie te onttrek, van die hand gewys.

Zuma se regsverteenwoordiger het gesê sy regspan sal Zondo se besluit op hersiening neem.

Zuma het die verrigtinge sonder Zondo se toestemming verlaat. – News24

https://www.news24.com/news24/SouthAfrica/News/zuma-condemned-by-collective-of-former-anc-activists-20201120

Meer oor:  Zondo-Kommissie  |  Jacob Zuma  |  Billy Ramokgopa  |  Veroordeel  |  Sitting  |  Oud-Aktiviste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.