Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oud-ambassadeur moet opdok oor haatspraak

Jon Qwelane, Suid-Afrika se vorige ambassadeur in Uganda, is Vrydag aan haatspraak skuldig bevind.

“Die uitlating wat aanstoot gegee het, was skadelik, kwetsend en het haat teenoor die LGBT-gemeenskap (lesbiërs, gays, biseksuele en transgender mense) aangevuur,” het regter Dimpheletse Moshidi in die hooggeregshof in Johannesburg gesê.

Jon Qwelane

Moshidi het gesê Qwelane moet binne 30 dae onvoorwaardelik om verskoning vra aan die LGBT-gemeenskap.

Dié verskoning moet in die Sunday Sun of in enige ander nasionale Sondagkoerant verskyn, en ’n bewys van die gepubliseerde verskoning moet aan die hof gegee word.

Qwelane moet ook die koste van die hofsaak dra, insluitende die koste van die uitstel daarvan en van senior regsverteenwoordigers.

Die saak is ook na die polisie vir verdere ondersoek verwys.

Dit spruit uit ’n rubriek “Call Me Names, But Gay Is NOT Okay” waarin Qwelane hom teen homoseksuele gedrag uitgespreek het.

Dit het op 20 Julie 2008 in die Sunday Sun verskyn.

In die rubriek – waarby ’n tekenprent gebruik is van ’n man wat met ’n bok trou – het Qwelane die Zimbabwiese president, Robert Mugabe, geloof vir sy “rigiede, reguit” standpunt oor homoseksualiteit.

In April 2011 het die gelykheidshof in Johannesburg Qwelane aan haatspraak skuldig bevind. Hy is gelas om verskoning te vra en ’n boete van R100 000 te betaal.

Hy was egter nie teenwoordig ten tyde van die uitspraak nie omdat hy oorsee gewerk het, en dit is op 1 September 2011 teruggetrek.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het toe weer die saak laat heropen.

Met sy laaste verskyning, het die hof gehoor dat Qwelane se rubriek skadelik en kwetsend vir die gay en lesbiër gemeenskap is.

Adv. Tembeka Ngcukaitobi, vir die MRK, het toe getuig die kommissie het in daardie stadium reeds 350 klagtes oor die rubriek ontvang – die meeste tot nog toe wat met ’n artikel verband hou.

Ngcukaitobi het gesê die bewoording van die rubriek het ’n negatiewe sielkundige en emosionele invloed op die gay en lesbiër gemeenskap. – News24

Meer oor:  Jon Qwelane  |  Opdok  |  Haatspraak
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.