Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Oud-LUR appelleer ná ANC vra hy moet opsy staan
Dr. Bandile Masuku, voormalige LUR van gesondheid in Gauteng. Foto: Argief

Dr. Bandile Masuku, voormalige LUR vir gesondheid in Gauteng, het gesê hy het reeds teen die ANC se bevinding teen hom geappelleer.

Dit kom nadat die provinsiale uitvoerende komitee (PUK) gevra het dat Masuku opsy staan as ’n PUK-lid nadat die provinsiale tugkomitee beslis het dat hy die party in oneer gebring het.

Masuku is verlede jaar uit sy pos as LUR verwyder ná bewerings van ongerymdhede met die verkryging van persoonlike beskermende toerusting (PPE) wat onder sy toesig in die provinsie se departement van gesondheid gebeur het.

Masuku het Maandag op eNCA gesê hy het reeds appèl aangeteken “en sal wag en kyk of die nasionale tugkomitee anders bevind”.

Dit kom ná sy onsuksesvolle poging om ’n verslag van die spesiale ondersoekeenheid (SOE) – waarin bevind is dat hy nie behoorlik toesig oor sy departement gehou het nie – te laat hersien.

Masuku meen egter dat die uitspraak verlede Maandag deur die hooggeregshof in Pretoria hom vryspreek.

“Die hof het bevind dat die SOE nie gesien het dat dr. Masuku enige misdaad pleeg nie en dat daar geen gronde vir siviele optrede teen hom is nie,” het Mojalefa Motalane, sy regsverteenwoordiger, verlede week in ’n verklaring gesê.

Masuku het Maandag wel gesê hy het gemengde gevoelens oor die uitspraak, want hoewel die regter hom van korrupsie vrygeskeld het, bly die klagtes van nalatigheid staande.

Masuku het gesê daar is redes waarom hy nagelaat het om bestellings na te gaan. Hy meen die SOE moes beter ondersoek ingestel het.

Hy het ook gesê hy is nie kwaad oor sy afdanking as LUR nie, maar eerder teleurgestel dat hy nie verder teen die Covid-19-pandemie kon help baklei nie.

Op ’n vraag van die onderhoudvoerder het Masuku gesê hy is nie van plan om terug te keer na ’n private praktyk nie en hoop dat hy sy loopbaan as politikus kan voorsit.

Meer oor:  Bandile Masuku  |  Appelleer  |  Oud-Lur  |  Opsystaan  |  Anc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.