Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Ouers moet leerlinge kom oppas wat nie seksonderrig wil bywoon’

Ouers wat nie wil hê hul kinders moet deelneem aan die omstrede beoogde seksopvoeding by skole nie, sal in periodes waartydens dit aangebied word self toesig oor hul kinders buite klaskamers moet hou, sê Angie Motshekga, minister van basiese onderwys.

Angie Motshekga. Foto: Daily Sun

Motshekga het dit Woensdag in die Nasionale Vergadering (NV) gesê nadat Nomsa Marchesi, DA-LP, aan haar gevra het of sy bereid is om ’n beleid te formuleer óf om die bestaande beleid te wysig om te verseker dat leerlinge wat nie deel van die Comprehensive Sexuality Education- (CSE) kurrikulum wil wees nie, ’n alternatiewe kurrikulum kan volg.

Motshekga het hierop geantwoord as ouers nie wil hê hul kinders moet leer wat ander kinders leer nie, moet hulle tydens daardie periodes na die skool gaan om buite die klaskamer oor hul kinders toesig te hou.

“Ná die periode moet hulle hul kinders terugbring klas toe. Dit is omdat daar geen manier is hoe jy ’n situasie kan bestuur waar sommige kinders buite die klaskamers sal wees nie.

“Ek bedoel daar is tot 40 kinders in ’n klaskamer. As daar ’n ouer is wat nie wil hê sy of haar kind moet geleer word dat ’n boud ’n boud is nie, moet hulle kom en buite die klaskamer met die kinders gaan sit en wag dat ons die les voltooi voordat hulle kan terugkom.”

Volgens Motshekga is dít die keuse wat ouers sal hê.

Marchesi het kort ná Motshekga se antwoord in die NV in ’n verklaring gesê die DA is “uit die veld geslaan” oor Motshekga se uitlatings, omdat dit op ’n groot onsensitiwiteit teenoor die opregte bekommernisse van ouers landwyd dui.

“In antwoord op ’n vorige DA- parlementêre vraag het die minister gesê dat ouers ’n keuse sal hê oor die kurrikulum as hulle ’n alternatiewe kurrikulum kan verskaf wat aan die Caps-vereistes voldoen.

“Nou het die minister ’n stap verder gegaan deur te sê dat ouers na hul kinders by die skool moet kom kyk in die periode wanneer die CSE aangebied word.

In antwoord op ’n vorige DA- parlementêre vraag het die minister gesê dat ouers ’n keuse sal hê oor die kurrikulum as hulle ’n alternatiewe kurrikulum kan verskaf wat aan die Caps-vereistes voldoen.

“Gegewe die openbare verwarring en vrese oor die inhoud in die CSE-leermateriaal, het die DA ’n meer ernstige en verantwoordelike antwoord van die minister verwag.”

Volgens Marchesi moet ouers en skole die versekering hê dat die vlak van besonderhede in die CSE gepas is vir hul kinders se ouderdomme en nie skadelik is nie.

Sy het gesê die DA glo dat daar met seksonderrig ’n gepaste balans gevind moet word tussen die inligting wat leerlinge nodig het om hulle toe te rus om die regte keuses te maak, maar sonder om hulle onbedoeld te oorseksualiseer.

Vroeër is berig hoe die departement gesê het dat die CSE nie seksopvoeding is wat kinders leer hoe om seks te hê nie. Dit was nadat die voorgeskrewe lesplanne vir gr. 4- tot gr. 12-leerlinge op sy webwerf bekend gemaak is.

Dié lesplanne word tans onder skole in gebiede met hoë MIV-syfers versprei om dit uit te toets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.