Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Outa gee nog redes vir OB se ontslag

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het nóg redes aan die parlement verskaf oor waarom dit noodsaaklik is dat adv. Busisiwe Mkhwebane, die openbare beskermer (OB), uit haar pos verwyder moet word.

Adv. Busisiwe MkhwebaneFoto: DAILY SUN

Dié organisasie vir burgerlike aktivisme meen die reeks verdoemende loesings wat Mkhwebane die afgelope ruk in verskeie hofuitsprake gekry het, is genoeg rede waarom die parlement so gou moontlik ’n ad hoc-komitee moet aanstel om Mkhwebane te verwyder.

Dit hofuitsprake sluit die konstitusionele hofbevel van 22 Julie wat Mkhwebane beveel om persoonlik ’n deel van die regskoste in die Absa Bank/CIEX-hofgeding te betaal; die Estina-hofuitspraak; en die hofgeding van Pravin Gordan, minister van openbare ondernemings, oor die sogenaamde “rogue unit” van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).

Stefanie Fick, Outa se hoofregsbeampte, skryf in ’n brief aan Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), en Bulelani Magwanishe, voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste, die organisasie wil sy vroeëre petisie vir die verwydering van Mkhwebane aanvul.

Fick skryf Outa herhaal sy standpunt dat Mkhwebane se optrede en gedrag onaanvaarbaar en onbetaamlik vir ’n sittende OB is. Die organisasie meen ook haar optrede wys dat sy nie die vermoë het om aan haar grondwetlike take en verpligtinge te voldoen nie.

Dit is ons vertoë dat adv. Mkhwebane verskeie dade van wangedrag en onbevoegdheid gepleeg het.
Outa

“Dit is ons vertoë dat adv. Mkhwebane verskeie dade van wangedrag en onbevoegdheid gepleeg het.

“In die besonder haar verontagsaming en/of onkunde van die oppergesag van die reg en vasgestelde regsbeginsels, haar oneerlike en ontwykende optrede tydens litigasie, haar versuim om haar grondwetlike pligte na te kom, en haar minagting en/of onvermoë vir verstandige bestuur van die OB-kantoor se finansies en ander hulpbronne,” lui die brief.

Vroeër is berig hoe die komitee vir parlementêre reëls verlede week ’n verslag met voorlopige reëls om van die OB of enige ander sittende hoof van ’n Art. 9-instelling ontslae te raak vir verfyning na ’n subkomitee verwys het.

Die parlement het nie tans reëls oor hoe presies om van so ’n hoof ontslae te raak nie.

Die reëlskomitee het verlede week ook ’n stel voorlopige reëls vir bespreking voorgelê wat onder meer behels dat die verwyderingsproses uit vier fases bestaan.

Dit is ’n inisiëringsfase waar ’n klag teen die betrokke ampsdraer ingedien word. Daarna sal getuienis voorlopig beoordeel word om te bepaal of daar ’n prima facie-saak

is. Indien wel, sal ’n ad hoc-komitee in die derde fase ’n formele ondersoek hou, waarna die NV in die laaste fase die slotbesluit neem.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Outa  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.