Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK aanvaar voorstel oor uitstel van verkiesing

Die Verkiesingskommissie (OVK) het die voorstel van oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke eenparig aanvaar dat die plaaslike verkiesing wat op 27 Oktober sou plaasgevind het, eerder uitgestel moet word.

Moseneke het in ’n ondersoek bevind die verkiesing sal in die lig van die huidige Covid-19-pandenie nie vry en regverdig kan wees, soos die Grondwet vereis, nie. Die OVK sal nou die “toepaslike hof” (die verkiesingshof of die konstitusionele hof) nader om die verkiesing uit te stel.

Moseneke het voorgestel die verkiesing moenie tot later as Februarie 2022 uitgestel word nie.

Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor later.

Meer oor:  Plaaslike Verkiesing  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.