Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK dien hofstukke in ná DA-eis

Die Verkiesingskommissie (OVK) het hofstukke ingedien in reaksie op die DA-hofaansoek in die konstitusionele hof waarmee die party die heropening van die registrasieproses vir kandidate vir die plaaslike verkiesings wil betwis.

Masego Sheburi, adjunkhoofkiesbeampte van die OVK, het dit Maandag bevestig en gesê “ons prokureurs het vanmiddag die beëdigde verklarings ingedien”.

Die OVK sal die DA se aansoek teenstaan en vra die hof om “die saak uit te gooi”.

Hy het bygevoeg weens die dringendheid van die saak sal die OVK nie die DA se aansoek vir direkte toegang betwis nie.

“Dit is strydig met hoe die OVK die bevel lees, wat spesifiek sê ‘die OVK moet waar nodig’ wysigings maak aan die verkiesingsrooster en spesifiek dat die kieserregistrasie heropen moet word.

Die kruks van die OVK se saak is volgens Sheburi dat hulle die “DA se interpretasie van die hofbevel” sal aanvat.

“Ons het nie die volledige redes van die hof oor wat tot die bevel gelei het nie, maar die DA het die bevel reeds gelees om te sê dat die heropening van die kandidaat-reguleringsproses nie toegelaat word nie.

“Dit is strydig met hoe die OVK die bevel lees, wat spesifiek sê ‘die OVK moet waar nodig’ wysigings maak aan die verkiesingsrooster en spesifiek dat die kieserregistrasie heropen moet word,” het Sheburi gesê.

“Die kieserregistrasie bied kiesers nie net die reg om by die rol ingesluit te word nie, maar om te stem, om kandidate te benoem en om as openbare amptenare te staan.

“Om bloot die kieserregistrasie te open vir diegene wat mag stem, maar hulle nie die geleentheid bied om vir benoeming te staan nie, wat ook hul reg is, sal ongrondwetlik wees.”

Hy het bygevoeg die OVK is vol vertroue dat die voorgestelde wysigings aan die verkiesingsrooster aan al die rasionele vereistes voldoen en wettig is.

Volgens Sheburi is die OVK gereed vir die komende kieserregistrasienaweek wat op 18 en 19 September gehou word.

“Al 23 155 van ons stemlokale sal oor die naweek oop wees en ons is besig met opknappingskursusse vir ons personeel wat met die registrasies sal help,” het Sheburi gesê.

Die talle tussenverkiesings wat in die pandemie plaasgevind het, was volgens hom ’n goeie lakmoestoets vir die OVK-personeel en hy is vol vertroue dat die organisasie gereed is om die groot taak aan te pak.

Volgens Sheburi sal nie-farmaseutiese ingrypings, soos die dra van maskers, handhawing van ’n gesonde afstand en die gebruik van handreiniger, by alle stemlokale toegepas word, terwyl die personeel met die nodige beskermende kleredrag toegerus sal word.

Die kieserregistrasie bied kiesers nie net die reg om by die rol ingesluit te word nie, maar om te stem, om kandidate te benoem en om as openbare amptenare te staan.

In ’n poging om die risiko verder te verlaag dat hierdie in superverspreider-geleenthede ontaard, het Sheburi mense aangemoedig om aanlyn te registreer.

Hy het van die geleentheid gebruik gemaak om bewerings, dat die OVK se aanlyn infrastruktuur verlede maand foute ondervind het tydens die registrasie van politieke partye se kandidate, as onwaar te bestempel.

“Ons het ook in ons hofstukke gesê dat dit nie gebeur het nie. Ons is vol vertroue dat ons aanlyn infrastruktuur getoets en gereed is om die toestroming van registrasies te hanteer van kiesers wat mag stem,” het Sheburi gesê.


Meer oor:  Plaaslike Verkiesing  |  Kandidate  |  Ovk
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.