Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK klaar met voorbereidings vir wet oor partyfinansiering

Die Verkiesingskommissie (OVK) sê hy het sy voorbereidings gefinaliseer om die Wet op die Finansiering van Politieke Partye in werking te stel.

Hy bied nou opleiding vir politieke partye in die parlement en wetgewers aan.

George Mahlangu, hoof van die OVK se eenheid vir partyfinansiering, het Vrydag gesê die kommissie het ’n aanlyn stelsel vir partyfinansiering ontwikkel wat skenkers en partye kan gebruik vir boekhoudoeleindes en om skenkings te verklaar.

Die opleiding vir lede van die parlement en provinsiale wetgewers sal mettertyd ook na politieke partye en onafhanklike kandidate op munisipale vlak uitgebrei word.

Volgens Mahlangu wys dit die OVK se gereedheid om die wet in werking te stel.

Die OVK het egter beklemtoon dat dit die president se prerogatief is om te bepaal presies wanneer die wetgewing in werking tree.

“Uit die kommissie se oogpunt sal dit ideaal wees as dit in ’n bepaalde jaar op 1 April in werking kan tree.”

Corruption Watch het op 9 Januarie gesê hy het in ’n brief aan pres. Cyril Ramaphosa genoem dat daar mense is wat teen die wetgewing gekant is en wil toesien dat nie in werking gestel word nie.

In dié brief het die organisasie ’n beroep op die president gedoen om die wet voor 1 April 2021 te proklameer sodat dit in die komende munisipale verkiesing in werking gestel kan word. Indien daar nie gehoor gegee word aan die versoek nie, sou ’n dringende hofaansoek ingedien word.

Corruption Watch het egter gesê hy verwelkom die presidensie se antwoord einde verlede jaar dat die wetgewing ná konsultasie met die OVK en departement van binnelandse sake op of voor 1 April in werking sal tree.

Karam Singh, Corruption Watch se hoof van regsake en ondersoeke, sê in ’n verklaring die kwessie van politieke partye se finansiering is belangrik vir die demokrasie en van groot openbare belang, “omdat kiesers die reg tot deursigtigheid het oor die mense en groepe wat partye en hul agendas steun”.

Die parlement het die wetsontwerp in Junie 2018 aanvaar en die president het dit in Januarie 2019 bekragtig.

Volgens Corruption Watch is daar verwag dat die datum waarop die wetgewing in werking sou tree minstens ’n jaar gelede al aangekondig sou word nadat die OVK regulasies vir die inwerkingstelling daarvan in Julie 2019 afgehandel het.

• Lees Corruption Watch se brief aan die president hier.


Meer oor:  Verkiesingskommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.