Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK ‘smeek’ Cyril vir datum van verkiesing

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) sê hy sal so gou moontlik met pres. Cyril Ramaphosa praat en hom “smeek” om die datum vir vanjaar se algemene verkiesing voor die laaste registrasienaweek op 26 en 27 Januarie bekend te maak.

Só het Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, Donderdag op ’n mediakonferensie in Midrand gesê op die OVK se bekendstelling van sy planne vir die nasionale en provinsiale verkiesing.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Donderdag aan die woord met die amptelike bekendstelling van vanjaar se algemene verkiesing wat na verwagting in Mei sal plaasvind. Foto: Sarel van der Walt

Dit is die president se prerogatief om op die datum vir die verkiesing te besluit. Ramaphosa het reeds aangedui dit sal in Mei wees.

Mamabolo sê die OVK hoop die aankondiging van die datum sal kiesers aanspoor om te registreer.

Kragtens die Grondwet verstryk die parlement se termyn op 6 Mei. ’n Verkiesing moet binne 90 dae daarna gehou word. Dit beteken die algemene verkiesing moet tussen 7 Mei en 5 Augustus gehou word.

Mamabolo sê die OVK het die afgelope jaar 47 aansoeke vir registrasie van politieke partye ontvang.

“Daar is 285 geregistreerde politieke partye in die land en ons verwerk nog 37 aansoeke.”

Nie al die partye sal aan die verkiesing deelneem nie.

’n Party moet registrasiegeld van R200 000 vir die nasionale verkiesing en R45 000 vir ’n provinsiale verkiesing betaal. ’n Party verbeur dié geld as geen van sy lede tot die parlement of die provinsiale wetgewer verkies word nie.

Mamabolo sê die OVK sal alles in sy vermoë doen om seker te maak sy rekenaarstelsels is veilig.

Hy gaan met ’n omvangryke bemarkingsveldtog begin om veral jong kiesers te oorreed om vir die verkiesing te registreer.

In hierdie stadium is net 16% van die stemgeregtigde kiesers tussen 18 en 19 jaar oud en 54% is tussen 20 en 29 jaar oud.

Meer oor:  Ovk  |  Sy Mamabolo  |  Pres. Cyril Ramaphosa  |  Politek  |  2019-Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.