Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK ‘stel hofstukke saam’ oor uitstel vir verkiesing

Die Verkiesingskommissie (OVK) het nog nie die hof genader om die munisipale verkiesing wat vir 27 Oktober geskeduleer is, uit te stel nie.

Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, het Maandag gesê hulle is druk besig om hofstukke op te stel terwyl ’n parallelle proses aan die gang is om met alle nodige belanghebbendes te konsulteer.

Die OVK het verlede week ’n verslag van oud-adjunkhoofregter Dikgang Moseneke aanvaar dat die verkiesing weens die Covid-19-pandemie uitgestel moet word, maar nie later as Februarie 2022 moet geskied nie.

Moseneke het ná wye konsultasie bevind dat dit onder die huidige omstandighede “nie redelik moontlik” sou wees om ’n veilige, vrye en regverdige verkiesing te hou nie.

Intussen is die registrasienaweek wat eerskomende naweek sou plaasgevind het, uitgestel.

Die Grondwet maak dit duidelik dat ’n verkiesing moet plaasvind binne 90 dae nadat die vorige raad se termyn verstryk het. Dit verstryk op 3 Augustus.

Maar ingevolge art. 19 (2) van die Grondwet het elke burger ook die reg op “vrye en regverdige” verkiesings.

Die OVK het verlede week op ’n voorlegging gesê hy sou onmiddellik met dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, konsulteer. Sy is die minister met die gesag om die verkiesing te proklameer.

Luidens die voorlegging sou hy ook in verbinding getree het met die parlement, dr. Aaron Motsoaledi, minister van binnelandse sake, en die Suid-Afrikaanse plaaslikeregeringsvereniging (Salga).

Meer oor:  Ovk  |  Dikgang Moseneke  |  Verkiesing  |  Hofstukke  |  Uitstel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.