Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK vra uitstel vir verkiesings

Die Verkiesingskommissie (OVK) gaan die verkiesingshof vra om die munisipale tussenverkiesings wat op 20 Januarie, 3 Februarie en 17 Februarie landwyd sou plaasvind weens die Covid-19-pandemie uit te stel.

Die OVK sê hy sal die hof vra om die verkiesings met 90 dae uit te stel.

Die OVK sê in ’n verklaring die vlak 3-inperkings wat aan die einde van Desember deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is, beperk politieke aktiwiteite.

Dít sal ’n gevaar inhou vir vrye en regverdige verkiesings omdat politieke partye en kandidate in dié tyd nie verkiesingsveldtogte sal kan hou nie.

Die OVK sê hy het in oorleg met die nasionale skakelingskomitee (van politieke partye) besluit om die verkiesingshof te vra om die tussenverkiesings uit te stel.

Die verkiesings sou in ses provinsies, tien munisipaliteite en 14 wyke plaasgevind het.

Meer as 163 000 kiesers is in dié 14 wyke geregistreer, sê die OVK.

In die Tshwane-metro sou daar op 17 Februarie vier tussenverkiesings wees. Sowat 56 000 kiesers word geraak.

Die DA en sy koalisievennote het onlangs weer die beheer van dié metro oorgeneem nadat die Gautengse regering hom onder administrasie geplaas het.

Die hooggeregshof in Pretoria, sowel as die appèlhof, het later beslis die Gautengse regering se optrede was onwettig.

Die OVK se aansoek by die verkiesingshof volg net enkele dae nadat die nasionale uitvoerende komitee (NUK) van die ANC Vrydagaand in sy jaarlikse 8 Januarie-verklaring gesê het die vierjaarlikse landwye plaaslike verkiesing sal steeds plaasvind.

Dié verkiesing moet kragtens wet tussen Augustus en November gehou word.

Daar is vroeër wyd bespiegel dat dié verkiesing moontlik tot volgende jaar uitgestel sou word.

Meer oor:  Verkiesingskommissie  |  Ovk  |  Tussenverkiesings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.