Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
OVK wil Mashaba se ActionSA nie registreer

Herman Mashaba se ActionSA beweer die Verkiesingskommissie (OVK) het sy wetlike mandaat oortree deur ’n aansoek van die hand te wys om dié organisasie as ’n politieke party te registreer.

Michael Beaumont, voorsitter van ActionSA, sê in ’n verklaring dat die OVK hulle Maandag ingelig het dat die besluit deels geneem is omdat die party die Suid-Afrikaanse vlag as deel van sy kenteken gebruik.

Die ander rede is omdat ActionSA se kenmerke glo te veel ooreenkomste met dié van ’n ander politieke party, vermoedelik die Party of Action (POA), toon.

Billy Nyaky, president van die POA, het Mashaba vroeër in ’n onderhoud met eNCA daarvan beskuldig dat ActionSA die POA se kenteken gesteel het en ook sy naam oorgeneem het.

Dit was kort nadat Mashaba, voormalige DA-burgemeester van die Johannesburg-metro, einde verlede maand sy nuwe party bekend gestel het.

Beaumont sê ActionSA het reeds aan die OVK geskryf om die weg te baan om appèl teen die besluit aan te teken. Volgens hom het die OVK irrasioneel opgetree en die wet verkeerd toegepas.

Beaumont sê die OVK word beperk tot die Wet op die Verkiesingskommissie wat die OVK nie soortgelyk toegepas het op ander politieke partye wat “inspirasie” uit die Suid-Afrikaanse vlag put nie.

“Dit is duidelik dat die OVK sy wetlike mandaat oortree het. ActionSA het sy regspanne ingelig om appèl aan te teken, en indien nodig, hof toe te gaan.”

Navraag is gerig aan die OVK en sy kommentaar sal bygewerk word sodra dit ontvang word.

Meer oor:  Verkiesing  |  Herman Mashaba  |  Politiek  |  Ovk  |  Actionsa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.