Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Pandor se geld ‘is nie nuut nie’

Die “bykomende” geld wat Naledi Pandor, minister van hoër onderwys, in aanloop tot die verkiesing aangekondig het om studieskuld te delg, was nog altyd daar.

Naledi Pandor Foto: Morapedi Mashashe

Die minister het aangekondig haar departement sal R967 miljoen beskikbaar stel om die skuld te dek van studente wat nie gekwalifiseer het vir die verbeterde finansieringskema wat in 2018 in werking getree het nie.

Altesame 52 514 studente sal daarby baat vind.

Studenteorganisasies en universiteite het Pandor se lof besing vir die bykomende verligting, maar Lunga Ngqengelele, haar woordvoerder, het by navraag bevestig die geld was nog heeltyd daar.

“Ons het voorsien daar gaan meer studente wees wat aansoek doen vir gratis hoër onderwys as wat daar toe op die ou end was. Ná fase een van ons omsigtigheidsondersoek het ons gesien daar is van die geld oor wat (in die begroting) vir gratis onderwys toegeken is. Ons het dit toe toegeken aan historiese skuld van studente.”

Luidens die 2019-begroting se aangepaste toewysings kry die nasionale finansiële hulpskema vir studente (NSFAS) R20,3 miljard vir die 2018-’19-boekjaar. Dit vermeerder na R30,8 miljard in 2019-’20.

Ngqengelele sê die R967 miljoen is reeds aan NSFAS oorbetaal en sal dan aan universiteite gestuur word. Die totale studieskuld beloop volgens hom byna R9 miljard. “Hierdie betalings is net deel van die eerste fase van die omsigtigheidsondersoek – dis ’n deurlopende proses.”

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Klasgeld  |  Studente
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.