Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Pandor spreek kommer oor terreur in Midde-Ooste uit

Die Suid-Afrikaanse regering is “diep bekommerd” oor twee terreuraanvalle wat vandeesmaand in Jedda in Saudi-Arabië voorgekom.

In ’n verklaring wat Sondagoggend uitgereik is, sê dr. Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, sy is bekommerd oor die toename in geweld in die streek in die afgelope week.

Dit kom nadat Mohsen Fatsjrizade, hoof van navorsing en innovering van Iran se ministerie van verdediging, Vrydag in ’n sluipmoordaanval vermoor is.

LEES OOK: Iran sweer wraak ná sluipmoord op kern-man

“Suid-Afrika se standpunt bly steeds dat terreur in al sy vorme nie goedgepraat kan word nie, en steun alle pogings deur die internasionale gemeenskap om dit binne die raamwerk van die Verenigde Nasies te beveg.”

Wat die jongste voorval in Jedda op 23 November betref, het die Hoethi-rebellegroep in Jemen aanspreeklikheid vir die missielaanval op die oliereus Saudi Aramco se aanleg aanvaar, berig Al Jazeera. Niemand is beseer nie.

In ’n vorige voorval op 11 November is ’n werker van die Griekse konsulaat en ’n veiligheidswag beseer toe ontploffings by herdenkingsgeleenthede van die Tweede Wêreldoorlog in die stad voorgekom het, berig CNN.

Pandor het benadruk dat hierdie voorvalle ’n terugslag vir vordering in die streek is en uitsluitlik daarop gemik is om die VN se mediasie-en-vredesinisiatief te verongeluk.

“Suid-Afrika neem kennis daarvan dat die koninkryk van Saudi-Arabië selfbeheersing aan die dag lê deur nie vergeldend op te tree nie maar eerder die situasie deur internasionale kanale probeer beredder.”

Sy het benadruk dat die vredesproses wat in die streek gelei word die enigste oplossing is.

Naledi Pandor, minister van internasionale betrekkinge en samewerking. Foto: Gallo Images

Meer oor:  Naledi Pandor  |  Midde-Ooste  |  Buitelandse Betrekkinge  |  Politiek  |  Terreur
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.