Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Parlement moet SA om verskoning vra’ – speaker aan Zondo

Die parlement moet verskoning vra aan die mense van Suid-Afrika.

Só het Thandi Modise, speaker in die parlement, Maandag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping getuig. Die verskoning is nodig omdat die parlement sy voete gesleep het nadat bewerings van die Guptas se betrokkenheid by staatskaping aan die lig gekom het en dit nie vroegtydig ondersoek is nie.

“Die parlement het nou wakker geword. Dit is betreurenswaardig dat daar ’n persepsie is dat die parlement eers wakker geword het toe sake werklik baie erg was. Daarvoor moet ons verskoning vra aan die mense van Suid-Afrika,” het Modise getuig.

Thandi Modise, speaker in die parlement, getuig Maandag voor die Zondo-kommissie. Foto: Skermgreep

Sy het gesê sake is nou anders in die parlement. LP’s besef nou daar moenie gewag word vir iemand anders om op te tree nie – op slypskole word LP’s daaraan herinner dat hulle ook nuusberigte moet dophou. “Ons is nou by die punt waar ons alles wil weet,” het Modise getuig.

Modise het vrae beantwoord wat deur adv. Alec Freund SC, getuienisleier van die kommissie, aan haar gestel is oor die toesigrol van die parlement en hoekom daar so lank gewag is om aandag te gee aan waarskuwings oor die Guptas.

Modise het geantwoord soms is daar bewerings wat eers ondersoek moet word. Dit kan dalk bewerings wees wat uit politiekery spruit. Maar toe die e-posse bekend geword het (wat die Guptas geïmpliseer het), het Cedric Frolick in sy destydse amp as parlementêre voorsitter van voorsitters aan vier parlementêre komitees geskryf en gevra om die Gupta-bewerings te ondersoek en verslae daaroor in te dien.

Freund het dit aan Modise gestel dat Mcebisi Jonas reeds vroeg in 2016 op ’n openbare verklaring gesê het die Guptas het hom genader en ’n groot bedrag geld aangebied om die minister van finansies te word en hul belange te bevorder.

Barbara Hogan, oudminister van openbare ondernemings, en Vytjie Mentor, voormalige ANC-LP, het ook aantygings gemaak teen die Guptas. “Dit was nog voor Maart 2016. Waarom het die parlement eers in Junie 2017 tot aksie oorgegaan?” het Freund aan Modise gevra.

Mondise het geantwoord indien sy die huisvoorsitter was, sou sy dit sekerlik haar werk gemaak het. Indien sy ’n LP was, sou sy vrae ingestuur het om duidelikheid te vra. Indien sy ’n minister was, sou sy ’n verklaring uitgereik het om sake op te klaar.

Sy het gesê sy bespiegel nou – in daardie stadium was sy die voorsitter van die Nasionale Raad van Provinsies. Sy kon nie toe inmeng by die Nasionale Vergadering en sê hoe dit bestuur moet word nie. Die twee meng nie by mekaar se sake in nie.

Adjunkhoofregter Raymond Zondo, voorsitter van die kommissie, het gesê die rede waarom die kommissie die vrae vra, is om uit te vind hoekom sekere mense gereageer het soos wat hulle gedoen het, asook om te fokus op ’n aanbeveling om te verseker dieselfde gebeur nie weer nie.

Zondo het gesê indien die parlement ’n jaar vroeër opgetree het, of kort ná Maart 2016, sou die gebeure wat die kommissie nou ondersoek, dalk nie gebeur het nie.

Mantashe het gesê hulle het van so vroeg as 2013 geweet. Dan moes hy iets gedoen het.

Freund het dit aan Modise gestel dat Gwede Mantashe, minister van minerale bronne en voorsitter van die ANC, voor die kommissie getuig het die ANC se integriteitskomitee het in 2013 aanbeveel dat oudpres. Jacob Zuma moet afstaan.

Indien daar inligting (oor beweerde staatskaping) aan die ANC bekend was, was daar ’n plig op die parlement, nie net deur die ANC as politieke organisasie nie, om die bewerings te ondersoek.

Modise het geantwoord die ANC moet sy interne sake hanteer en nie terugsit en kyk of die parlement sy rol vervul nie.

“Mantashe het gesê hulle het van so vroeg as 2013 geweet. Dan moes hy iets gedoen het,” volgens Modise.

Sy sê daar word nou gehamer op wat parlementslede moes gedoen het, maar hulle het dalk nie geweet wat Fikile Mbalula, minister van vervoer, voor die ANC gesê het nie.

Mbalula het in Augustus 2011 op ’n vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) bekend gemaak dat Ajay Gupta hom gebel en gelukgewens het dat hy as minister van sport en ontspanning aangestel sou word deur Zuma.

• Mbalula was die adjunkminister van polisie toe hy deur Zuma tot minister bevorder is. Hy was die minister van sport en ontspanning van November 2010 tot 31 Maart 2017, daarna minister van polisie tot 26 Februarie 2018 en sedert 30 Mei 2019 is hy die minister van vervoer.

Meer oor:  Thandi Modise
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.