Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Parlement ontbind op 20 Maart vir verkiesing

LP’s sal sowat sewe weke lank hul volle aandag aan hul onderskeie politieke partye se verkiesingsveldtogte kan gee om stemme vir die Mei-verkiesing te werf.

Die Nasionale Vergadering (NV) het Donderdag oorweldigend ten gunste van ’n mosie deur Jackson Mthembu, ANC-hoofsweep, gestem dat die parlement op 20 Maart moet ontbind.

Dit sal plaasvind kragtens die Grondwet en hou verband met die ontbinding van die NV voor die verstryking van sy termyn.

Pres. Cyril Ramaphosa het in sy staatsrede aangekondig dat die nasionale en provinsiale verkiesings op 8 Mei plaasvind.

Die ANC in die parlement wys in ’n verklaring daarop dat die huidige parlementêre termyn op 21 Mei 2014 begin het, wat beteken dat sy termyn van vyf jaar op 20 Mei vanjaar verstryk. Die verkiesingsdatum van 8 Mei is dus binne die vyfjaartermyn.

“Die parlement moet dus ontbind word omdat die verkiesing nie mag plaasvind terwyl die huidige parlementêre proses steeds in sessie is nie,” lui die verklaring.

Ingevolge die mosie wat aanvaar is, sal die wetsontwerpe en sake wat tans voor die parlement dien, nie verval wanneer die parlement ontbind nie. Die beteken dat die werk van die NV sal voortduur totdat dit op 20 Maart ontbind.

Die ontbinding van die parlement word ook genoodsaak deur die proklamasie van die verkiesing wat geskeduleer is om op 26 Februarie plaas te vind.

Die proklamasie is die amptelike publikasie van die verkiesingsdatum in die Staatskoerant wat die rooster vir die verkiesing en sy verwante kiesprosesse aan die gang sit.

Dié prosesse van die Verkiesingskommissie (OVK) sluit onder meer in die datums wanneer die kieserslyste sluit, die sperdatum waarteen politieke partye hul kandidatelyste by die OVK moet indien, die sertifisering van die kieserslyste en die opening van aansoeke vir spesiale stemme. Dié rooster sal met politieke partye bespreek word en dadelik gepubliseer word ná afloop van die proklamasie van die verkiesing.

Kiesers kan hulle gedurende kantoorure by hul plaaslike OVK-kantoor, wat gewoonlik by die munisipale kantoor geleë is, registreer. ’n Lys van die kantore is beskikbaar by www.elections.org.za of by die OVK se kontaksentrum se inbelnommer, 0800 11 8000.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.