Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Parlement sit nog nie eens en EFF het klaar probleme

Die nuwe parlement het nog nie eens amptelik geopen nie, en sekere EFF-LP’s word reeds deur klagte in die gesig gestaar.

Dít volg nadat ’n onderonsie Woensdag tussen EFF-LP’s en ANC-LP’s op ’n induksiesessie in die Ou Volkraadsaal by die parlement uitgebreek het.

Op ’n video wat Woensdagmiddag wyd op sosiale mediaplatforms die ronde gedoen het, kan gesien word hoe verskeie EFF-LP’s staan en gil op ANC-LP’s wat in die parlementsbanke sit.

Ander EFF-LP’s probeer onsuksesvol om van hul gillende kollegas weg van die konfrontasie te pluk. Daarna duur die oor-en-weer-geskellery net voort.

Dr. Mbuyiseni Ndlozi, EFF-woordvoerder, kon nie Woensdag vir kommentaar oor die voorval bereik word nie.

Nuwe LP’s van alle politieke partye word by dié induksiesessies touwys gemaak oor onder meer die reëls en prosedures van die parlement.

Dr. Annelie Lotriet, senior DA-LP, wat die voorsitter van dié spesifieke sessie was, het gesê sy het geleentheid aan LP’s gegee vir vrae oor wetgewing en die maak van wette.

“Toe ek geleentheid aan ’n EFF-LP gegee het om ’n vraag te stel het sy die ANC sleggesê. Lede het opgespring, maar die EFF-LP wou nie hoor nie.

“Ander EFF-lede het begin praat en ek het gesê sy moet ophou. Sy het voortgegaan om die ANC aan te val. Toe begin die ANC-lede reageer. Toe ek weer sien, het LP’s oor die vloer gestap en mekaar rondgestamp.”

Sy het voortgegaan om die ANC aan te val. Toe begin die ANC-lede reageer. Toe ek weer sien, het LP’s oor die vloer gestap en mekaar rondgestamp

Lotriet het gesê Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, het daarna ingestap en probeer om die LP’s tot orde te roep. “Sy het later tussen die twee groepe ingestap. Toe het die speaker hulle goed die kop gewas.”

Lotriet het Woensdagaand gesê sy is besig om brief te skryf waarin sy beswaar aanteken teen die gedrag van spesifiek die EFF-LP’s. Sy gaan versoek dat die voorval verwys word na óf die parlementêre etiekkomitee of die parlementêre komitee, wat onder meer die gedrag van LP’s ondersoek.

Sy het gesê dié induksiesessies vind plaas aan die begin van elke parlementêre termyn. “Dit is hoekoms dit so sleg is dat nuwe lede blootgestel is aan dié optrede. Dit is hartseer en onregverdig teenoor nuwe lede.”

Die parlement open amptelik op 20 Junie wanneer pres. Cyril Ramaphosa sy staatsrede sal lewer.

Meer oor:  Parlement
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.