Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Parlement: Só raak 'n mens van OB ontslae

Amptelike reëls en prosedures moet eers deur die parlement ontwikkel word oor hoe presies van adv. Busisiwe Mkhwebane as openbare beskermer (OB) ontslae geraak kan word.

Adv. Busisiwe Mkhwebane Foto: Daily Sun

Die parlement se portefeuljekomitee oor justisie en korrektiewe dienste het om dié rede Dinsdagoggend op versoek van John Steenhuisen, DA-hoofsweep, besluit om die kwessie na Thandi Modise, speaker van die Nasionale Vergadering, terug te verwys. Die DA wil hê die parlement moet die proses begin om Mkhwebane in die lig van ’n reeks verdoemende hofuitsprake teen haar uit haar pos te verwyder.

Modise moet dit dan na die reëlskomitee verwys wat die reëls en prosedures moet ontwikkel vir behoorlike prosesse om van ’n OB ontslae te raak. Daar bestaan tans nie sulke reëls en prosedures nie.

Bulelani Magwanishe, komiteevoorsitter, het dit met die aanvang van Dinsdagoggend se verrigtinge duidelik gestel dat die portefeuljekomitee eers oor die kwessie kan besin nadat die reëls opgestel is.

LP’s van die ANC en opposisiepartye het met die voorstel saamgestem.

Adv. Glynnis Breytenbach, DA-LP, het aan Magwanishe gesê dit moet aan die speaker duidelik gemaak word dat dit ’n dringende saak is.

Magwanishe het gesê hy sal Dinsdag nog ’n brief aan die speaker stuur.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Parlement  |  Ob
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.