Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Parlementêre komitee bespreek Mkhwebane-kwessie gou

Die kwessie van adv. Busisiwe Mkhwebane, openbare beskermer, (OB) se geskiktheid vir haar amp is vandeesweek al op LP’s se sakelys, maar dit lyk asof die proses nog lánk kan duur.

Adv. Busisiwe Mkhwebane. Foto: Daily Sun

Die proses was veronderstel om eers op 3 September deur LP’s bespreek te word, maar dit is vorentoe geskuif.

Dít nadat adv. Nomgcobo Jiba, voormalige adjunkdirekteur van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), en die parlementêre regspan verlede week ’n ooreenkoms bereik het.

Jiba het verlede week ’n dringende interdikaansoek in die hooggeregshof gebring om te verhoed dat die parlement voortgaan met ’n proses om te bepaal of pres. Cyril Ramaphosa se besluit om haar en adv. Lawrence Mrwebi af te dank, geldig was of nie. Dié aansoek word op 19 September aangehoor.

Dit beteken dat die parlementêre portefeuljekomitee oor justisie nie vandeesweek met die Jiba en Mrwebi-kwessie gemoeid sal wees nie.

Gratitude Magwanishe, komiteevoorsitter, het Sondag gesê die komitee het in die lig hiervan dus tyd om die kwessie van Mkhwebane te takel. Dit sal Dinsdag bespreek word.

Oproepe vir Mkhwebane om te bedank of uit haar pos verwyder te word het die afgelope ruk toegeneem weens die toenemende negatiewe hofbeslissings teen haar.

Die parlement het ná ’n versoek deur John Steenhuisen, DA-hoofsweep, dat Mkhwebane se geskiktheid vir haar pos ondersoek moet word, aangedui dat besprekings in dié verband vir 3 September geskeduleer is.

Geen reëls is egter ingestel vir die Nasionale Vergadering (NV) om die OB uit haar pos te verwyder nie.

Magwanishe het Sondag gesê die proses het reëls nodig voordat dit begin kan word. Dit is die taak van die parlementêre reëlskomitee om reëls in dié verband te ontwikkel.

“Die reëlskomitee ontwikkel reëls wat deur die Nasionale Vergadering goedgekeur moet word,” sê hy.

Hy beoog om Dinsdag aan die komitee voor te stel dat hulle aan Thandi Modise, speaker van die NV, skryf om te versoek dat die reëlskomitee die reëls vir die proses ontwikkel.

“Daardie proses moet deur die reëlskomitee onderneem word; ons het geen beheer daaroor nie,” sê hy.

Meer oor:  Busisiwe Mkhwebane  |  Parlement  |  Komitee  |  Mkhwebane-Kwessie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.