Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Partye kap na mekaar oor Bobani, leierskap van metro

Bantu Holomisa, leier van die UDM, het op Twitter teen Helen Zille uitgevaar omdat sy gesprekke oor die toekoms van Nelson Mandelabaai “ondermyn”.

Dit kom nadat Zille, voorsitter van die DA se federale raad, Dinsdag op ’n byeenkoms van die Kaapstad-persklub gesê het hulle sal Mongameli Bobani nooit weer in beheer van die metro plaas nie.

Holomisa het gesê Zille se uitlating ondermyn die onlangse vergadering tussen hom en John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, oor die metro se toekoms. Die UDM sal ook nooit weer die DA in beheer plaas nie, het hy na Zille teruggekap.

Die bestuur van die metro was hoog op die agenda van die vergadering tussen die twee partye nadat Bobani in Desember as burgemeester onthef is.

Holomisa het ook op Twitter na Bobani se kritici gekap en diegene wat beweer dat hy korrup is, uitgedaag om bewyse daarvan te gee.

Bobani is uit sy amp as burgemeester onthef en Thonono Buyeye van die African Independent Congress moes inderhaas die leisels van die metro neem.

Hy keer egter Donderdag as raadslid terug nadat Holomisa vroeër gesê het Bobani het die party geen rede gegee dat hy nié as raadslid kan dien nie.

Die partye sal na verwagting hul burgemeesterskandidate op Donderdag se raadsvergadering bekend maak.

Volgens Holomisa gaan die UDM egter nie ’n kandidaat voorstel nie en hy het diegene wat wel benoem word, voorspoed toegewens.

Bobani is steeds van voorneme om hom tot die hof te wend om sy ontheffing nietig te laat verklaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.