Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Partye verskil oor Ntshavheni se dubbele rol
Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie en minister van kleinsake-ontwikkeling. Foto: GCIS

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie en minister van kleinsake-ontwikkeling, het onder skoot gekom omdat sy nie gereeld die parlementêre sittings oor kleinsake-ontwikkeling bywoon nie.

IOL het Sondag berig oor opposisie-LP’s se ontevredenheid dat sy nie Saterdag ’n sitting van die parlementêre portefeuljekomitee oor kleinsake-ontwikkeling bygewoon het nie waarop besluit is dat die komitee KwaZulu-Natal en Gauteng weens die onlangse onluste sal besoek.

Hendrik Krüger, DA-LP en lid van die betrokke komitee, sê hoewel dié sitting eintlik slegs vir LP’s bedoel was, het hy ’n probleem met Ntshaveni se afwesigheid in die algemeen.

“Die groot probleem is dat sy kleinsake-ontwikkeling afskeep omdat sy ook nou die waarnemende minister in die presidensie is,” sê hy.

Voorts is Ntshaveni, wat nie om kommentaar bereik kon word nie, glo gereeld afwesig omdat sy kabinetsvergaderings in verband met die Covid-19-pandemie moet bywoon.

Krüger sê dit is baie belangrik dat Ntshavheni die sittings bywoon, omdat LP’s daar terugvoering oor kwessies op voetsoolvlak gee en omdat amptenare van haar departement ook ’n breë oorsig oor sake verskaf.

Die groot probleem is dat sy kleinsake-ontwikkeling afskeep omdat sy ook nou die waarnemende minister in die presidensie is.

Ganief Hendricks, leier van Al Jama-ah en ook ’n lid van die komitee, sê egter sy party het geen probleem daarmee dat Ntshavheni ook die waarnemende minister in die presidensie is nie, al beteken dit sy is meer afwesig.

“Die adjunk-minister van kleinsake-ontwikkeling staan gereeld vir haar in en sy verskaf gereeld terugvoering van goeie gehalte, waarmee ons tevrede is,” sê hy.

Hy verkies dit selfs dat Ntshavheni nou nader aan pres. Cyril Ramaphosa is, omdat dit beteken dat sy glo beter geplaas is om geld aan te vra wat die departement van kleinsake-ontwikkeling kan bevoordeel.

“Sy hanteer albei portefeuljes baie goed en doeltreffend. Sy het laas baie moeite gedoen deur na ons kiesafdelingskantoor op die Kaapse Vlakte te kom en die adjunk-minister en verskeie amptenare saam te bring.”

Meer oor:  Khumbudzo Ntshavheni  |  Presidensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.