Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Partytjie vereer Ace ‘oor sy goeie werk in Vrystaat’

Die ANC in die Fezile Dabi-streek in die Vrystaat gaan Ace Magashule, gewese Vrystaatse premier, die naweek met ’n “nederige verjaarsdagparty” vereer, sê Brutus Mahlaku.

Mahlaku, streeksekretaris van die party, sê die plaaslike ANC het reeds in Mei vanjaar ’n besluit geneem om Magashule op dié manier te vereer.

“Ons waardeer die goeie werk wat hy in die Vrystaat gedoen het en sy voetspore is oral in die provinsie, veral in die dorpe waar hy ontwikkeling gebring het,” sê Mahlaku.

’n Nederige partytjie word glo Sondag vir die gewese Vrystaatse premier, Ace Magashule, beplan.Foto: verskaf

Hy sê die party het nie baie geld nie en daar sal nie Sondag geld rondgegooi word nie. Dit gaan beslis nie ’n swierige geleentheid wees nie en mense wat skenkings aan armes wil maak kan dit na die Loubserpark-stadion in Kroonstad saambring.

“Ons leef in moeilike ekonomiese tye en die ANC het nie geld om onnodig uit te gee nie, so daar gaan niks spoggerig aan die geleentheid wees nie,” sê hy.

Mahlaku sê ’n Bloemfonteinse musiekgroep het hom genader en sê hulle is bereid om gratis ter ere van Magashule op te tree. Talle kerkleiers sal ook die verjaarsdagpartytjie bywoon om vir inwoners te bid.

“Ons sekretaris-generaal, Ace Magashule, het nog nie laat weet of hy self die partytjie gaan bywoon nie,” sê Mahlaku.

“Ons is aan mekaar verbind, ons wil hom graag hier hê.”

Dika Kheswa, woordvoerder van die Moqhaka-munisipaliteit, sê dié munisipaliteit is glad nie betrokke by enige reëlings nie – dit is suiwer ’n ANC-geleentheid.

Magashule, wat in Parys gebore is, het op 3 November 60 jaar oud geword en is verlede week deur die ANC se nasionale uitvoerende komitee (NUK) met ’n verjaarsdagpartytjie verras.

Meer oor:  Brutus Mahlaku  |  Ace Magashule
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.