Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Ace Magashule geskors

Ace Magashule is tydelik deur die ANC geskors.

Hy sal vir die duur van sy skorsing egter steeds sy salaris en ander ampsvoordele ontvang.

Dit word bevestig in ‘n skorsingsbrief wat Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal, aan Magashule gestuur het. Die brief is gedateer 3 Mei 2021.

Dit lui onder meer dat die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) op sy vergadering Maandag opdrag gegee het dat briewe aan alle geraakte lede, “jy ingesluit”, geskryf word om hulle in te lig dat hy besluit het dat hul tydelike skorsing in die beste belang van die ANC sal wees.

Die brief lui verder dat Magashule in die tyd wat hy geskors is nie enige pligte en verantwoordelikhede van sy kantoor as sekretaris-generaal mag uitvoer nie.

Hy mag ook nie die ANC in die openbaar of op enige platform verteenwoordig nie, hom oor enige ANC-aangeleenthede in die openbare uitlaat nie of enige ANC-strukture, enige ander organisasies of individue mobiliseer oor onder meer sy opsy staan en ander verwante aangeleenthede nie.

Hy moet ook die ANC maandeliks op die hoogte hou oor die vordering van sy hofsaak.

Die ANC sal ook sy tydelike skorsing elke ses maande hersien. Die brief aan Magashule kom nadat die NWK Dinsdag bekend gemaak het dat hy op sy vergadering Maandag die "opsystaanbesluit" van die ANC se nasionale uitvoerende komitee van einde Maart vanjaar herbevestig het.

Ingevolge hierdie besluit moet alle ANC-lede wat weens korrupsie en ander ernstige misdaad in ‘n hof teregstaan, binne 30 dae hul poste ontruim. Indien nie, sal hulle tydelik geskors word totdat die hofsaak teen hulle afgehandel is.

Pule Mabe, ANC-woordvoerder, kon nie Woensdagmiddag vir kommentaar hieroor bereik word nie. 

• Dit is ‘n ontwikkelende storie.

Meer oor:  Ace Magashule  |  Korrupsie  |  Cyril Ramaphosa  |  Opsystaan
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.