SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Politiek
John Steenhuisen nuwe tussentydse leier van die DA
John Steenhuisen. Foto: Jaco Marais

John Steenhuisen is Sondag deur lede van die DA se federale raad as die nuwe tussentydse leier aangewys.

Ivan Meyer is ook as die tussentydse nasionale voorsitter aangewys.

Ongeveer 160 lede het Sondagmiddag hul kruisies getrek ná weke se strawwe veldtogte van verskeie hooggeplaastes in die DA. 

John Steenhuisen en Makushule Gana is as die twee voorlopers aangewys.

Steenhuisen sal nou die enorme taak hê om die DA se skip te stuur tot die party se eerste moontlike kongres vroeg in 2020. Hierna sal 'n nuwe leier en nasionale voorsitter weer aangewys word.

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  John Steenhuisen  |  Politiek  |  Da  |  Federale Kongres  |  Stemmery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.