Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Pasop vir die ‘swaai na regs,’ maan SAKP

Regeringsbeleid is dalk besig “om na regs te skuif”, het afgevaardigdes na die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) se spesiale nasionale kongres die afgelope week sy lede gewaarsku.

Die vier dae lange kongres in Kempton Park het Donderdag ten einde geloop. Dit is oorheers deur vrae oor of die regering besig is om sekere “neoliberale” hervormings te implementeer wat tot groter winste vir die rykes ten koste van die armes sou lei, pleks daarvan dat gehou word by die ANC se links-georiënteerde verkiesingsmanifes en kongresresolusies.

Pres. Cyril Ramaphosa se kritici binne die ANC gebruik graag die netelige kwessie van bestaande ANC-resolusies om sy ­leierskap te bevraagteken.

Wat ons doen moet ten alle tye gerig word deur besluite van die beleidskongres.
 Ace Magashule

Dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die SAKP, het die kongres na aanleiding van die nasionale tesourie se onlangse besprekingsdokument oor die land se ekonomie gevra om die moontlikheid te oorweeg dat dit ’n skuif na regs verteenwoordig.

“Ons stryd teen netwerke van staatskaping en ander vorme van korrupsie was beslis nie bedoel om toestande te skep vir ’n skuif na regs nie,” het Nzimande gesê, en bygevoeg dat die SAKP wil hê die ANC “moet verseker die beleidsrigting in die regering strook met die karakterisering van homself as ’n gedissiplineerde linkse mag”.

Die SAKP se amptelike verklaring oor die kongres lui onder meer dat breër ekonomiese transformasie nagestreef moet word “in ooreenstemming met die verbintenis wat die regerende alliansie in die ANC se verkiesingsmanifes in Mei gedoen het”.

Soortgelyke “ongemak” met die regering se gewaande kapitalisties-gesinde agenda onder Ramaphosa heers in sekere kringe binne die ANC self. Twee ANC-LP’s het aan City Press gesê Supra Mahumapelo, voormalige premier van Noordwes, het sowat twee weke gelede voorgestel dat daar ’n staande punt op die agenda van elke koukusvergadering in die parlement moet wees waarvolgens vordering met die implementering van die ANC se kongresresolusies bespreek moet word.

Ramaphosa, wat onverwags saam met adj.pres. David Mabuza en ’n paar ministers by dieselfde vergadering opgedaag het, se teenvoorstel was dat die voorgestelde beleidshersienings tot so ver terug as 1994 moet strek. Ramaphosa het ook voorgestel dat die ANC ’n span in Luthuli-huis vestig met die opdrag om vas te stel tot watter mate die regering die besluite van ANC-taklede tot uitvoering bring.

Ace Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het dié week ná die vergadering van die party se nasionale uitvoerende komitee (NUK) benadruk dat kongresresolusies allerbelangrik is.

“Die NUK wil ’n duidelike boodskap stuur dat niemand verhewe is bo die nasionale konferensie sowel as die resolusies nie.

“Ons het beleidstandpunte; wat ons doen moet ten alle tye gerig word deur die besluite van die beleidskongres.”

Meer oor:  Blade Nzimande  |  Sakp
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.