Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Pasop vir ’n Zuma wat gesê het hy pas net SEB toe – Zille

As net ras en nie alle ander ware aanwysers van ekonomiese uitsluiting gebruik word nie, sit jy uiteindelik met ’n Jacob Zuma wat gesê het dat hy bloot swart ekonomiese bemagtiging (SEB) toegepas het toe hy verseker het dat al sy kontakte tenders en topposisies kry. Dít was (egter) ten einde stelsels te kan manipuleer en plunderkanale in die staat te skep, sê Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad.

Zille en Gwen Ngwenya, die DA se beleidshoof, het Maandag ’n mediakonferensie gehou om die party se nuwe beleidsbesluite te verduidelik wat hy die naweek op sy aanlyn beleidskonferensie aanvaar het.

Joernaliste het die twee egter gepeper met vrae oor veral die party se besluit om hom met sy nuwe beleidsrigting finaal van rasgegronde regstellende aksie en swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te distansieer.

Die party meen dat ras in die regstelling van die ongelykhede van die verlede nie al aanwyser moet wees nie.

Zille het in haar verduideliking Maandag verder gesê dat Zuma wel net ras gebruik het. “Dit is waarom hy aanhou sê dat hy net SEB toegepas het. Dit is wat ’n mens kan argumenteer as jy net ras gebruik. Die kritieke ding is egter dat jy die ware aanwysers van uitsluiting moet gebruik, wat sekerlik nie net deur ras gedefinieer word nie.

“Die ANC gebruik ook net ras as ’n lisensie om te plunder.”

Die ANC gebruik ook net ras as ’n lisensie om te plunder.

Zille het ook ontken dat talle provinsiale DA-leiers tans deur klagte teen hulle in die gesig gestaar word, en dat nog ’n uittog van senior swart leiers uit die party verwag kan word, soos Sondag berig is.

“Ek weet nie waar die mite ontstaan het dat ses uit die nege provinsiale leiers tans deur klagte in die gesig gestaar word nie. Dit is onwaar.

“Daar is net een provinsiale leier wat deur klagte in die gesig gestaar word, en daardie persoon is die een provinsiale leier wat nie swart is nie.

“Dit is behalwe John Moodey wat deur klagte in die gesig gestaar is, van die ernstigste wat nog ooit voor die federale regskommissie gedien het, en wat deur sterk bewysstukke van stemopnames en dokumente gestaaf word. Hy het egter besluit om te bedank en dit in ’n rassekwessie te omskep.”

Volgens Zille hanteer die DA klagte teen enigiemand in die party op ’n regverdige wyse.


Meer oor:  Da  |  Helen Zille  |  Jacob Zuma
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.