Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Pensioengeld: Transnet ‘bekyk Trillian-praatjies’

Transnet het beloof om ondersoek in te stel na die beweringe dat die Gupta-gekoppelde Trillian die entiteit se pensioenfonds aangewend het om die transaksies vir homself te verskans.

Die Transnet-afvaardiging het Woensdag in die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê die entiteit se leierskap was nader as voorheen aan ’n besluit oor onbetaalde geld, wat daartoe gelei het dat die vragvervoerder die onderwerp van ’n groot klasaksie is.

Lede van die portefeuljekomitee het klagtes ontvang dat sommige pensioentrekkers so min as R140 per maand uit die fonds ontvang het, terwyl ander glad nie toegang tot hul geld het nie.

Sommige pensioentrekkers is dood sonder dat hul afhanklikes toegang tot die pensioenfonds het.

Prof. Edward Kieswetter van Transnet het aan die komitee gesê dat die Transnet-pensioenfonds in 1990 ’n aktuariële tekort van R17,1 miljard gehad het, wat beteken dat 22% van sy laste deur die fonds se beleggings gedek is.

“ ’n Bedrag van R309 miljoen is aan Transnet toegewys, en daar was ’n verdere ooreenkoms dat dit gebruik sal word om pensioentrekkers te dien.

“Transnet het nou met die departement van openbare ondernemings saamgewerk om regeringsondersteuning en bykomende befondsing van die regering vir Transnet se Second Defined Benefit Fund te kry, maar dié gesprekke is beëindig,” het Kieswetter gesê.

Volgens Kieswetter is Transnet pynlik bewus van die balans tussen die werklike menslike lot van pensioentrekkers en dat die nutsdiens dit glad nie as onbelangrik afmaak nie.

Hy sê die nodige stappe is gedoen om die probleem aan te spreek. “Ons het diskresionêre betalings van R523 miljoen aan lede gemaak.”

“Dit is om ’n verandering in die gaping van 2% in terme van die reëls van die fonds te maak, en ons gaan ook voort met buite-hofbetrokkenheid,” sê Kieswetter.

“Skikking buite die hof is ’n ernstige poging om die probleem op te los. Ons sal dit graag wil bespoedig.” - News24

Meer oor:  Pensioengeld  |  Transnet  |  Trillian
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.