Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Perdfris Zuma glo terug uit Kuba

Oudpres. Jacob Zuma wat na bewering so ernstig siek is dat hy vir behandeling na ’n “geheime hospitaal” in Kuba moes reis vir behandeling, is blykbaar weer perdfris.

Gesond genoeg om môre die jaarlikse JG Zuma-skaaktoernooi in Durban te open. Dudu Myeni, voormalige SAL-hoof en voorsitter van die Jacob Zuma-stigting, sê advertensies wat aandui dat Zuma die prysuitdeling gaan behartig, is korrek.

Dit kom ná berigte dat Zuma verlede week in Kuba deurbring het vir behandeling, skynbaar vir simptome wat hy oorgehou het van ’n vergiftigingspoging in 2014. Die Sunday World het verlede week hieroor berig. Volgens die koerant se bron vertrou hy nie Suid-Afrikaanse dokters nie. Voormalige staatshoofde kry gratis gesondheidsorg in Suid-Afrika, maar moet self betaal vir oorsese behandeling.

Onsekerheid heers oor die korrektheid van dié berigte. “Ek het geen idee waar hulle daaraan kom nie,” het sy seun Edward Dinsdag aan Netwerk24 gesê. Pule Mabe, ANC-woordvoerder, het gesê as dit waar is, “wens ons hom die beste toe”.

Kort daarna het foto’s egter op sosiale media opgeduik, skynbaar van Zuma op ’n Air France-vlug wat Dinsdag in Johannesburg geland het.

News24 het ook berig Zuma se veiligheidswagte is buite sy huis in Forest Town, Johannesburg, wat aandui hy is tuis.

Zuma moes die afgelope Maandag reageer op Redi Tlhabi, voormalige radiopersoonlikheid, se aansoek om hom te kruisondervra nadat hy beweer het sy (Tlhabi) was betrokke by ’n komplot om hom as president te ontsetel.

’n Brief van sy regsverteenwoordigers Maandagoggend aan die Zondo-kommissie het egter gesê hy kry “mediese behandeling in die buiteland”.

Zuma is nie al ANC-politikus wat Kuba toe is vir mediese behandeling nie. Oudmin. Bongani Bongo, het ná sy arrestasie beweer ook hy moes Kuba besoek vir behandeling vir ’n vergiftiging, waaragter Pravin Gordhan, minister van openbare werke, glo sit. In Oktober is berig adj.pres. David Mabuza het Rusland besoek ná hy in 2014 glo vergiftig is.

Meer oor:  Jacob Zuma  |  Redi Tlhabi  |  Kuba  |  Vergiftig  |  Zondo-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.