Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Phosa hof toe oor stemmery op Mpu-konferensie

Die bestuurder van Mathews Phosa se veldtog vir die ANC-presidentskap gaan na verwagting Woensdag hofstukke indien in hul aansoek om die stemuitslag op die Mpumalanga-ANC se algemene konferensie nietig te laat verklaar.

Phosa het Dinsdag bevestig dat Ronnie Malomane besig is om die finale stukke gereed te kry.

Mathews Phosa, een van die sewe ANC-presidentskandidate, sê sy veldtogbestuurder, Ronnie Malomane, is op die punt om hofstukke in te dien om die stemuitslag van die ANC se algemene provinsiale konferensie in Mpumalanaga nietig te laat verklaar. Foto: Muntu Vilakazi

Op die konferensie Vrydag in die Mbombela-stadion het 223 gestem vir “eenheid” (die woord Unity was met die hand bygeskryf op die stembriefies), 123 vir Nkosazana Dlamini-Zuma en 117 vir adj.pres. Cyril Ramaphosa vir die presidentskap.

Dinsdag het Phosa vir David Mabuza, provinsiale ANC-voorsitter, daarvan beskuldig dat hy takke onregmatig beïnvloed het om te stem vir “eenheid” om ’n magsbasis te skep voor die ANC se nasionale konferensie in Desember.

Volgens Phosa lui reëls 11 en 12 van die ANC-grondwet dat “’n persoon vir minstens tien jaar ’n onberispelike lid moet wees om in aanmerking te kom vir ’n leierspos”.

“Unity”, soos aangedui op die stembriefies, is nie ’n persoon nie en kan daarom nie verkiesbaar wees nie, sê Phosa.

Hy meen daar is gepeuter is met sy benoeming en dié van Ramaphosa.

Phosa beweer hy het met 403 stemme voorgeloop. “Wat het van daardie stemme geword,” wil hy weet?

Hy ontken dat die hofsaak volg omdat hy nie daarin kon slaag om die gekose presidentskandidaat te wees in ’n provinsie wat allerweë as sy vesting beskou is nie.

Hy hou vol die uitslag van die konferensie die naweek was onwettig.

Intussen het die ANC se verkiesingskommissie gesê hy erken “Unity” nie as ’n stem-opsie nie, maar Mabuza voer aan eenheid is ’n “konsensus-leierskorps” wat die ANC kan red van verdeeldheid ná die Desember-verkiesing.

Ontleders is dit eens dat Mabuza dié strategie uitgedink het om Mpumalanga te vestig as die sogenaamde koningmaker.

Meer oor:  Mathews Phosa  |  Mpumalanga  |  Hof  |  Stemmery  |  Anc-Leierskapsverkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.