Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Phumla Williams ’n ‘skandelike manipuleerder’, sê Faith

Faith Muthambi, voormalige minister van kommunikasie, gaan regsadvies inwin nadat Phumla Williams na haar die vinger gewys het by die kommissie van ondersoek na staatskaping.

Williams, wat onder Muthambi waarnemende direkteur-generaal van die staat se inligtings-en-kommunikasiediens (GCIS) was, het Maandag getuig Muthambi “wou tot elke prys steel”.

’n Dikwels emosionele Williams het Maandag getuig dat Muthambi haar (geestelik) gefolter het en dat sy as gevolg daarvan angsaanvalle gekry het.

Williams het aan die kommissie gesê Muthambi se optrede was byna ’n optrede teen die staat.

Volgens Williams was Muthambi se optrede skynbaar ’n poging om die GCIS wanfunksioneel te laat lyk sodat daar na hulp van buite die regering gekyk kon word.

Faith Muthambi

Muthambi het Williams in 2016 gedemoveer van die pos as waarnemende DG tot adjunk-DG.

Williams het verduidelik dat Mu­thambi haar toe gedwing het om meer as R35 000 van haar salaris terug te betaal.

Muthambi het Dinsdag ’n verklaring uitgereik waarin sy dreig om Williams se getuienis as leuens te ontbloot.

“Ek win regsadvies in oor hierdie uiterse eensydige bewyse deurtrek met halwe waarhede en blatante leuens wat Williams aan die kommissie voorgehou het. ’n Baie anderse waarheid gaan na vore kom en haar leuens en reaksionêre agenda sal uiteindelik blootgelê word.”

Muthambi meen ook Williams se getuienis doen afbreuk aan die geloofwaardigheid van die kommissie.

“Phumla Williams is een van die skandelikste manipuleerders en leuenaars wat ek ongelukkig genoeg was om teë te kom.”

Meer oor:  Faith Muthambi  |  Phumla Williams  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.