Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Plaas meer druk op leiers’ - Jacques Pauw

Kiesers moet meer genadeloos raak met hul leiers. Ons moet aanhou druk plaas op hulle. Ons moet aanhou druk plaas op pres. Cyril Ramaphosa.

Só het Jacques Pauw, die ondersoekende joernalis en skrywer van The President’s Keepers, Vrydagoggend gesê as deel van ’n paneelgesprek op die Suidoosterfees. Hy was deel van ’n paneel met Sizwe Mpofu-Walsh, ’n politieke ontleder en aktivis, en Frans Rautenbach, ’n advokaat en skrywer van South Africa Can Work, oor hoe Suid-Afrika kan werk. Die gesprek is gelei deur Waldimar Pelser, redakteur van Rapport.

Jacques Pauw

“Waarom hou ons aan om vir mense kans te gee? Wat is dit in ons wat ons altyd hoop gee en hoe ons altyd teleurgestel word? Is dit nie tyd dat ons ná 25 jaar dit verander nie?” het Mpofu-Walsh gevra.

“Ons moet Cyril Ramaphosa van die begin af druk. Ons moet hom verantwoordbaar hou. Om hom ’n kans te gee is waar ons ons kanse gaan verspil.”

Hy het gesê Ramaphosa het nie ’n sterk meerderheid van steun in die ANC nie en dat hy vinnig hardgebak sal moet word. “Waar was Ramaphosa al die tyd? Was hy nie bewus van wat aangegaan het nie? Was hy nie in die kabinetsvergaderings nie? Waarom het hy stilgebly?”

Rautenbach het gesê as daar een mens is wat die land vorentoe kan vat, is dit Ramaphosa. “Hy is ambisieus genoeg om die werk te doen. Hy wil vorentoe beweeg. Ek dink eintlik as daar iemand is wat dit kan doen, is dit hy.”

Pauw het saamgestem, hoewel hy toegegee het dat Ramaphosa met bagasie kom. “Ons moet ook onthou hy is net drie maande in die pos. Hy het reeds aangrypende veranderinge gebring in die departemente van polisie en finansies. Hy het ontslae geraak van Arthur Fraser. Daar is geen twyfel dat hy Suid-Afrika eerste plaas nie. In Zuma se geval wou hy net uit die tronk bly en homself en sy makkers verryk.”

Meer oor:  Leier  |  Suidoosterfees  |  Toekoms
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.