Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Plaasaanvalle: ‘Dit lyk of politieke wil nou daar is’

Dit lyk uiteindelik of die politieke wil in die regering bestaan om daadwerklik teen plaasmoorde op te tree.

So sê die verteenwoordigers van burgerregte- en landbou-organisasies nadat alle politieke partye, buiten die EFF, Dinsdag plaasmoorde onomwonde veroordeel het op ’n debat van die Nasionale Vergadering (NV) wat aangevra is deur die DA.

Bennie van Zyl, hoofbestuurder van die landbou-organisasie TLU SA, sê die debat dra by tot die druk op die regering en die polisie om sy nuwe landelike veiligheidsplan toe te pas.

“Dit wil voorkom of die politieke wil uiteindelik na vore getree het om plaasmoorde as ’n prioriteitsmisdaad te hanteer. Die regering moet egter nou bewys dat hy sy grondwetlike plig sal nakom om boere en plaaswerkers te beskerm deur op te tree,” sê Van Zyl.

Tommie Esterhuyse, voorsitter van landelike veiligheid van AgriSA, sê hy ervaar deesdae ’n ongekende positiwiteit en ’n gevoel van samewerking tussen politici, die polisie en die breë landbougemeenskap om plaasmoorde uit te roei.

Dit wil voorkom of die politieke wil uiteindelik na vore getree het om plaasmoorde as ’n prioriteitsmisdaad te hanteer. Die regering moet egter nou bewys dat hy sy grondwetlike plig sal nakom om boere en plaaswerkers te beskerm deur op te tree.

“Dit gaan ’n spanpoging wees.”

Hy het verwys na adj.pres. David Mabuza en Thoko Didiza, minister van landbou, wat onlangs in die openbaar plaasmoorde veroordeel het nadat pres. Cyril Ramaphosa dit in Julie ook gedoen het.

Bheki Cele, minister van polisie, het boonop intussen aangekondig dat gespesialiseerde eenhede op die been gebring sal word om plaasmoorde te beveg en dat meer geld beskikbaar gestel sal word vir landelike veiligheid.

Ernst Roets, uitvoerende adjunkhoof van AfriForum, sê dié burgerregte-organisasie is aan die een kant nie optimisties oor die parlementêre debat nie, want politieke partye maak “bloot uitlatings om te kolf vir die kiesers”.

“Maar aan die ander kant is dit verblydend dat plaasmoorde uit die geledere van die ANC veroordeel word,” sê Roets.

Die afgelope ruk sien ons dat byna elke plaasmoord in die land geweldige reaksie ontlok en dat mense aan optogte deelneem, wat groot druk op die regering plaas.

Hy voeg by vanweë bewusmaking het die buiteland druk begin plaas op die regering om op te tree.

Prof. André Duvenhage, ’n politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit (NWU), sê Ramaphosa en die ANC-regering het “nou ewe skielik” aan plaasmoorde aandag begin gee weens die hoë vlakke van rassepolarisasie en verdeeldheid wat plaasmoorde veroorsaak.

“Die afgelope ruk sien ons dat byna elke plaasmoord in die land geweldige reaksie ontlok en dat mense aan optogte deelneem, wat groot druk op die regering plaas.”

Volgens hom wil die regering boonop optree teen plaasmoorde omdat hy nie die indruk wil skep dat hy nie in beheer van misdaad in Suid-Afrika is nie.

“Dis ongetwyfeld dat Ramaphosa se veroordeling van plaasmoorde veroorsaak het dat ander in die ANC ook standpunt oor die kwessie ingeneem het. My gevoel is dat Ramaphosa deesdae sterk genoeg staan in die ANC om sulke uitlatings te maak.”

Volgens hom moes Ramaphosa ook sy fout regstel toe hy twee jaar gelede in New York ontken het dat plaasmoorde in Suid-Afrika ’n probleem is.

Dr. Ralph Mathekga, nog ’n politieke ontleder, sê daar moet ook in berekening gebring word dat Ramaphosa self ’n plaas besit en dat hy daarom “simpatie en begrip” met boeregemeenskappe het.

Meer oor:  Ernst Roets  |  Tommie Esterhuyse  |  Plaasmoorde  |  Plaasaanvalle
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.