Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Plaaslike verkiesing dán gehou

Volgende jaar se plaaslike verkiesing moet tussen 3 Augustus en 3 November gehou word.

Daarom is die Verkiesingskommissie (OVK) druk besig met sy voorbereidingswerk om dit suksesvol te laat geskied, sê Glen Mashinini, OVK-voorsitter.

Mashinini het Woensdag saam met Sy Mamabolo, uitvoerende hoof van die OVK, ’n webinaar in samewerking met die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum oor hul planne en programme aangebied.

Mashinini sê plaaslike verkiesings moet ingevolge wetgewing plaasvind binne 90 dae nadat die huidige munisipale termyn van vyf jaar verstryk het.

“Die huidige termyn verstryk op 2 Augustus 2021. ’n Verkiesing moet dus tussen 3 Augustus en 3 November 2021 gehou word.”

Volgens hom het die OVK reeds kernrolspelers hieroor begin konsulteer, onder andere dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, wat in haar hoedanigheid as minister van samewerkende regering en tradisionele sake die regsowerheid is wat die datum van die plaaslike verkiesing sal bepaal.

“Ons het ook planne om met politieke partye en alle ander belanghebbendes in die samelewing daaroor te skakel en sal dit in die komende week voortsit,” het Mashinini gesê.

Nog ’n dringende taak vir die OVK is om die agterstand met tussenverkiesings uit te wis omdat dit nie in die ses maande voor die plaaslike verkiesing volgende jaar gehou mag word nie.

In geheel is sowat 96 tussenverkiesings sedert Februarie vanjaar weens die koronaviruspandemie deur die Kieshof uitgestel.

“Die pandemie en die staat van inperking het ’n regstreekse invloed op alle politieke partye en kandidate gehad om vryelik en doeltreffend verkiesingsveldtogte te kon hou.”

Die huidige termyn verstryk op 2 Augustus 2021. ’n Verkiesing moet dus tussen 3 Augustus en 3 November 2021 gehou word.

Volgens hom sal alle uitgestelde tussenverkiesings gehou word sodra toestande dit moontlik maak.

“Ons moet die agterstande teen Februarie volgende jaar uitwis. Die OVK is besig om sake so te reël dat alle uitstaande tussenverkiesings op een dag gehou word. Ons sal egter eers alle kernrolspelers daaroor konsulteer.”

Oor die konstitusionele hof se uitspraak dat onafhanklike kandidate ook voortaan toegelaat moet word om aan nasionale en provinsiale verkiesings deel te neem, het Mashinini gesê die OVK aanvaar die uitspraak en sal tegniese hulp aan die parlement gee om die relevante wetgewing daaroor te wysig.

Hy erken dit gaan verreikende gevolge hê. Die OVK meen daar moet eers wyd gekonsulteer word oor enige proses om die kiesstelsel te hersien.

Mashinini sê die OVK het deeglike regsadvies ingewin oor voorstelle dat nasionale en plaaslike verkiesings op een dag gehou moet word en meen enige ernstige besluite daaroor moet eers ná volgende jaar se plaaslike verkiesing oorweeg word.

Mamabolo sê die OVK het ’n uitvoerende direkteur aangestel vir sy eenheid oor die nuwe Wet op die Finansiering van Politieke Partye. Die eenheid sal organies uitgebrei word namate die wet in werking gestel word.

“Ons sal saam met agentskappe soos banke, die Finansiële Intelligensiesentrum en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens moet werk om dit suksesvol te laat werk. Gesprekke hieroor duur voort en ooreenkomste sal binnekort bereik word,” het Mamabolo gesê.

Meer oor:  Glen Mashinini  |  Ovk  |  Koronavirus  |  Pandemie  |  Plaaslike Verkiesing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.