Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Plaasmoorde eintlik heelwat meer, reken DA
plaasmoord
Volgens die polisie se jongste misdaadstatistieke is 49 plaasboere in die laaste boekjaar vermoor.

Hoewel die polisie se jongste misdaadstatistieke toon dat 49 plaasboere in die laaste boekjaar vermoor is, dui betroubare inligting daarop dat ’n bykomende 26 plaasboere en -werkers in 141 aanvalle in die eerste helfte van vanjaar vermoor is, sê Dianne Kohler Barnard, DA-LP en voorsitter van die party se landelikeveiligheids-werkstroom.

Sy het dit Sondag gesê in reaksie op die bekendstelling van die misdaadstatistieke vir 2019-’20 Vrydag deur Bheki Cele, minister van polisie, en genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris.

Volgens die statistieke was daar in dié tydperk 49 plaasmoorde en 46 voorvalle.

Sitole het Vrydag ook aangekondig dat die polisie plaasaanvalle en -moorde voortaan met gespesialiseerde polisie-eenhede gaan beveg.

Kohler Barnard het Sondag verder in ’n verklaring gesê hoewel die polisie met plan ná plan vorendag kom, is die gevaar dat wit en swart plaasboere, -werkers, hul vroue, kinders en ouers vandag vermoor sal word twee keer hoër as dié van ’n polisiebeampte en vier keer hoër as vir die gemiddelde landsburger.

Volgens haar bestaan daar reeds komplekse landelike veiligheidsmeganismes, maar is dit alles weens Covid-19 deur Cele toegemaak, terwyl die aanvalle voortduur en vlakke van geweld dramaties styg.

“Terwyl die ANC hul neuse in die plundertrog het, leef die mense wat ons nasie voed in angs en is hulle onder beleg.

“Die DA is bly dat ons 16-punt-program vrugte afwerp, dat die polisie bereid is om die werk te doen wat van hulle verwag word en dat ANC-lede stadig maar seker begin verstaan dat geen Suid-Afrikaner verdien om doodgemartel te word nie.

“Maar dit is nou tyd vir ons president om ook die ewigdurende vrees en gevaar waarin ons landelike gemeenskappe in leef en werk te erken,” het Kohler Barnard bygevoeg.

Intussen het die landbou-organisasie TLU SA ook in reaksie op die polisiestatistieke oor plaasmoorde en -aanvalle gesê dat dit nie ooreenstem met hulle s’n nie.

Genl.maj. (afgetree) Chris van Zyl, adjunk- algemene bestuurder van die TLU SA, het in ’n verklaring gesê die TLU SA se statistieke toon dat daar tussen 1 April 2019 en 31 Maart 2020 sowat 410 plaasaanvalle was.

“Die statistieke oor plaasmoorde korrespondeer min of meer met die polisie se 49 in teenstelling met TLU SA se 54 plaasmoorde.

“Ons het betroubare statistieke oor plaasaanvalle en dit stem nooit ooreen met die amptelike statistieke van die departement nie. Ons stem saam dat daar ’n toename in plaasaanvalle en moorde sedert verlede jaar was, maar die getalle verskil.”

Van Zyl het bygevoeg dat die TLU SA meer bekommerd is oor die nuwe tendense wat met aanvalle opgemerk word.

“Ontvoering word al hoe meer deel van plaasaanvalle soos ons met die wrede aanval en moord op die familie van Hartswater in die Noord-Kaap gesien het.

“TLU is ontsteld oor die aantal aanvallers per plaasaanval. Dit blyk te dui op georganiseerde misdaad by plaasaanvalle.”

Volgens die TLU SA moet die polisie eerder daarop fokus om ernstige geweldsmisdade en moorde te voorkom.

Meer oor:  Da  |  Misdaad  |  Misdaadsyfers  |  Plaasmoorde
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.