Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Plato verkies tot voorsitter van DA se metro-streek
Dan Plato Foto: Verskaf

Dan Plato, burgemeester van Kaapstad, is Saterdag verkies tot metro-streekvoorsitter van die DA.

Plato, Grant Twigg, wat die voorsitter van die streek was, en Pieter van Dalen, voormalige DA-LP, het mekaar die stryd aangesê om die voorsitterskap.

Plato het drie adjunkvoorsitters in sy span, JP Smith, Zahid Badroodien en Phindile Maxiti. Al drie is in Plato se huidige burgemeesterskomitee: Smith vir veiligheid en sekuriteit, Badroodien vir gemeenskapsdienste en gesondheid en Phindile Maxiti vir energie en klimaatsverandering.

Theresa Uys is verkies tot sekretaris, Ian Iversen tot voorsitter van finansies en daar is vier addisionele bestuurslede, Rob Quintas, Reagen Allen, Chantal Cerfontein en Elgan Fortune.

Vanjaar se verkiesing het weens die koronavirus-pandemie ’n heel nuwe formaat gehad. Daar was 355 afgevaardigdes met stemreg. Die lede het volgens elke kiesafdeling ’n tydgleuf gehad om by die Parow-burgersentrum te gaan stem en moes dan onmiddellik daarna die sentrum verlaat. Die stemproses was van 07:30 tot 14:30.

Werner Horn, DA-LP van Bloemfontein, was die voorsittende beampte van die stemproses.

Horn het gesê omdat daar drie kandidate was, het elke stemgeregtigde die keuse gehad om die drie kandidate te lys volgens voorkeur vanaf nommer een tot nommer drie.

Een van die stemgeregtigdes, Helen Carstens, ’n DA-raadslid, is in die VSA en kon nie stem nie.

Plato het die meeste stemme in die eerste plek gekry, gevolg deur Twigg en Van Dalen.

Plato het by navraag gesê die proses is in ’n baie goeie gees voltooi. Hy het gesê daar lê groot werk voor in Kaapstad, met behuising wat ’n krisis bly. Grondbesetting in die Kaapstadse metropoolgebied is ook ’n brandpunt. Verder het die DA die groot taak om iets te doen aan die groeiende armoede weens die nagevolge van die Covid-19-inperkings.

En vir Plato is dit harde werk en geen plesier nie. Hy kon byvoorbeeld nie Saterdag se kroning van die nuwe Mej. Suid-Afrika, wat vir die eerste keer in die Moederstad aangebied is, bywoon nie, het hy gesê.

Meer oor:  Dan Plato  |  Kaapstad  |  Voorsitter
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.