Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Cyril was die teiken, sê Blade oor plundery
Dr. Blade Nzimande Foto: Daily Sun

Die doel met die “goed beplande en gefinansierde” onluste en plundertogte onlangs in KwaZulu-Natal en Gauteng was om Cyril Ramaphosa as president van die ANC én van die land te vervang", sê dr. Blade Nzimande, hoofsekretaris van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party (SAKP). 

“Dit is ook om die vordering van die ANC om homself ‘skoon te maak’ stop te sit, sowel as die momentum wat stadig opbou in die strafregstelsel om staatskapingverwante misdaad en -korrupsie te vervolg,” sê hy.

Nzimande het Sondag op die 100ste bestaansjaarviering van die SAKP gepraat en ook ’n beroep op Suid-Afrikaners gedoen om “uiters waaksaam te wees en verenig te bly” om die land se demokrasie, Grondwet en oppergesag van die reg te beskerm.

Die viering is aanlyn gehou. Gwede Mantashe, ANC-voorsitter, en verteenwoordigers van Cosatu, die kommunistiese partye van China en Kuba en ander uitgenooides was ook sprekers.

Mantashe het op sy beurt oor die onluste gesê landsburgers moet opstaan as die omstandighede van sommige Suid-Afrikaners gebruik word om “misdadige agendas” te dryf.

Mantashe het op sy beurt oor die onluste gesê landsburgers moet opstaan as die omstandighede van sommige Suid-Afrikaners gebruik word om “misdadige agendas” te dryf. Veral ook omdat die land steeds in die greep van die Covid-19-pandemie is.

Volgens hom het die onluste ekonomiese verwoesting in Gauteng en KwaZulu-Natal gesaai, met dié twee provinsies wat saam “50% van die landsekonomie” huisves.

’n Sleutel-les uit die “georkestreerde” onluste is volgens Mantashe dat Suid-Afrika ook sy ekonomiese sentrums na ander provinsies moet diversifiseer omdat die huidige sentrums in Gauteng en KwaZulu-Natal steeds op die apartheidsekonomie wys.

Annette Steyn, DA-LP, het Sondag ’n beroep op Thoko Didiza, minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, gedoen om dringend ’n taakspan aan te stel om die dreigende voedselkrisis in Gauteng en KwaZulu-Natal weens die onluste te bestuur.

Dit is omdat daar volgens Steyn aanduidings is dat daar binne die volgende drie weke geweldige druk op die landbousektor verwag kan word.

Steyn meen so ’n taakspan moet voldoende voedselverskaffing verseker wat kospryse daar laer sal dryf ten einde verdere onrus weens honger en desperaatheid te verhoed.

Nzimande se uitlatings oor die onluste Sondag was ook kort nadat die parlement onlangs besluit het om ’n amptelike ondersoek te doen na veral die gebreke met polisiëring en intelligensie oor die onluste.

Al wat Ramaphosa egter verlede week oor ’n moontlike kabinetskommeling wou sê, is dat hy dit oorweeg.

Ramaphosa is ook onder druk om veral ministers soos Bheki Cele, van polisie, Ayanda Dlodlo, van staatsveiligheid, asook Nosiviwe Mapisa-Nqakula, van verdediging en militêre veterane, weens hul beweerde trae reaksie op die onluste en plundering af te dank.

Al wat Ramaphosa egter verlede week oor ’n moontlike kabinetskommeling wou sê, is dat hy dit oorweeg.

Nzimande, wat ook minister van hoër onderwys, wetenskap en innovasie is, het Sondag gesê dat die “plundering, vandalisme, brandstigting en totale ekonomiese sabotasie” gedurende die onluste ’n “uiters gevaarlike oomblik” vir die land was.

Hy beskryf dit as deel van ’n “teenrevolusionêre sameswering”.

Hy sê hoewel die aanvanklike doelwit van die lank voorafbeplande onluste was om te verhoed dat oudpres. Jacob Zuma tronk toe gaan, of daarna sy onmiddellike vrylating te bewerkstellig, was die mediumtermyn-doelwit om Ramaphosa as ANC-president en president van die land te vervang.

Die SAKP staan volgens Nzimande egter bankvas agter Ramaphosa se leierskap van die ANC en die land.

Volgens hom kom die samesweerders van die onluste direk uit die ANC se Zuma-faksie of RET-groepering wat “werklik netwerke van korruptes en opportunistiese elemente is wat self deur tronkstraf in die gesig gestaar word en wat staatmaak op geld wat opgegaar is deur die plunder van staatshulpbronne”.

Hy sê die SAKP sal nie toelaat dat die ANC deur “misdadigers en demagoë gekaap en gesteel word nie”.

Meer oor:  Sakp  |  Cyril Ramaphosa  |  Blade Nzimande  |  Politiek  |  Plundering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.