Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Polisie ondersoek klipgooiery buite UV-kampus
’n Skermgreep van ’n video waarin vermeende EFF-lede Saterdagaand klippe na motors by die Universiteit van die Vrystaat in Nelson Mandelaweg, Bloemfontein, gooi.

Die polisie ondersoek ’n saak van kwaadwillige beskadiging van private eiendom en openbare geweld nadat vermeende EFF-jeuglede motoriste Saterdagaand in Bloemfontein uit die bloute met klippe bestook het.

’n Video is op sosiale media versprei waarin ’n groep mense in rooi EFF-drag voertuie oorkant die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Nelson Mandela­rylaan met klippe gooi.

Sers. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê die polisie ondersoek die voorval en nog niemand is in hegtenis geneem nie.

Die voorval buite die kampus het plaasgevind net nadat Julius Malema, die EFF-leier, dié party se studenteorganisasie, die EFF Student Command (EFFSC), op hul nasionale konferensie toegespreek het.

Op die video kan gesien word hoe ’n groep mense in rooi EFF-drag voertuie naby die Bloemgate-winkelsentrum en Kovsie-kerk met klippe aanval.

Na verneem word, was hulle glo ontevrede oor besluite wat op die konferensie geneem is.

Sy sê die betrokkenes is nie Kovsie-studente nie omdat die derde kwartaal eers Maandag begin.

Lacea Loader, die woordvoerder van die UV, sê die EFF het slegs een van die kampus se lokale gebruik. Dit was glad nie ’n UV-geleentheid nie.

Sy sê die betrokkenes is nie Kovsie-studente nie omdat die derde kwartaal eers Maandag begin.

Loader het bevestig dat die voorval buite die kampus plaasgevind het.

Volgens haar het die EFF se veiligheidshoof inligting ontvang dat mense die konferensie wou ontwrig en UV-veiligheidsbeamptes is ontplooi om dit te verhoed.

Die ondersteuners is toegang geweier. Ná ’n onderonsie met veiligheidsbeamptes het hulle die kampus verlaat en het die vermeende klipgooiery gevolg.

Sonwabile Dwaba van die EFF wat in Augustus verlede jaar tot president van die UV se studenteraad verkies is, sê hy kan nie nou kommentaar lewer nie omdat hy nie al die feite van die voorval het nie.

“As studentebeweging veroordeel ons alle vorme van geweld teenoor mense in en buite die organisasie,” sê hy.

Colin “Fighter” Jerry, voorsitter van die EFFSC op dié kampus, het nie op Netwerk24 se navrae gereageer nie.

Meer oor:  Uv  |  Bloemfontein  |  Studente  |  Kampus  |  Oproer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.