Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Polisie sal voortploeter weens fundamentele gebreke’

Tensy die polisie nie daadwerklik die diepgaande en fundamentele gebreke in die organisasie regstel nie, gaan dit in elke afdeling jaarliks net van een krisis tot die ander voortploeter.

Dr. Johan Burger, polisiekenner van die Instituut vir Sekerheidstudies, het Dinsdagmiddag so gereageer nadat LP’s die polisie vroeër die dag erg in die parlement gekasty het oor die krisistoestand waarin dit verkeer.

Dr. Johan Burger

“Dwarsdeur die polisie duik daar gedurig krisisse in elke afdeling op wat net sal regkom as die fundamentele aanbevelings wat al sedert 2012 in die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) vir ’n doeltreffende polisiediens gemaak word, in werking gestel word.”

Burger sê dié aanbevelings is destyds deur die ANC, die kabinet en die parlement goedgekeur, maar dit is steeds nie in werking gestel nie.

“Van die grootste fundamentele kwessies is dat onbekwame en swak toegeruste mense in top-polisieposte aangestel word. Dit het ’n rimpeleffek regdeur elke afdeling van die polisie en die uiteindelike impak is dat die polisie geleidelik besig is om sy greep op sy bevel- en beheerstrukture te verloor.

“Dit is waarom daar byvoorbeeld so baie siviele gedinge teen die polisie gemaak word, omdat gewone polisiebeamptes uit arrogansie moedswillige arrestasies maak en daar nie offisiere is wat bekwaam genoeg is om te besef dat sulke arrestasies onwettig is nie.”

Wat hiermee gepaardgaan, is die skerp afname die afgelope dekade aan skorsings onder polisiebeamptes, sê hy.

Tensy daar dus nie ’n diepgaande en fundamentele herskikking in die polisie plaasvind nie, gaan dinge heeltemal handuit ruk. Hulle moet die NOP-aanbevelings in werking stel.

“Dit wys dat daar nie behoorlike gevolge is teen beamptes wat oortree nie.”

Dit het tot ’n kultuur van nie-aanspreeklikheid in die polisie gelei.

“Tensy daar dus nie ’n diepgaande en fundamentele herskikking in die polisie plaasvind nie, gaan dinge heeltemal handuit ruk. Hulle moet die NOP-aanbevelings in werking stel.

“(Genl. Khehla) Sitole (die nasionale polisiekommissaris) probeer regtig hard om die polisie reg te ruk, maar daar is te veel senior offisiere rondom hom wat by korrupsie betrokke is om die polisiediens reg te ruk.

“Ons het dit onlangs gesien met die talle top-polisiegeneraals wat weens korrupsie in hegtenis geneem en voor die howe gebring is,” sê Burger.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.