Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Polisie se bende-eenheid spog met sukses

Die gespesialiseerde bende-eenheid het sedert dit in 2018 gestig is reeds op meer as 60 bendes landwyd toegeslaan.

Bheki Cele Foto: Adrian de Kock

In die proses is 334 verdagtes aangekeer, terwyl daar ook op sowat 104 ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê is.

Dit is Dinsdagoggend in die parlement bekend gemaak toe Bheki Cele, minister van polisie, genl. Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, en die res van die polisie se topbestuur verslag moes doen oor die vordering en sukses van die bende-eenheid wat in November 2018 in Hanoverpark, Kaapstad, deur pres. Cyril Ramaphosa bekend gestel is.

Gemeenskapsleiers van bendegeteisterde gebiede is ook genooi om die komitee oor hul ervaring in hul gemeenskappe toe te spreek.

Sitole sê hoewel bende-eenhede aktief is in die Wes-Kaap, Oos-Kaap, Gauteng, KwaZulu-Natal en die Vrystaat, is daar ’n nasionale benadering.

Die plan is om later ’n eenheid in elke provinsie te hê.

Volgens hom is miljoene rande en personeel vir die bende-eenheid bewillig en sal die personeel jaarliks landwyd aangevul word uit die sowat 5 000 nuwe gegradueerde rekrute.

Genl.maj. Leon Rabie, die polisie se hoof van strategiese bestuur, het aan die komitee gesê die sukses wat die bende-eenhede sedert hul stigting behaal is, is dat sowat 60 misdaadbendes geïdentifiseer is en op gefokus word.

Gesamentlik is sowat 334 verdagtes landwyd in hegtenis geneem. In totaal word sowat 2 352 sake landwyd teen bendelede ondersoek.

Daar is ook op 104 vuurwapens en 13 voertuie van bendes beslag gelê.

In die Wes-Kaap, waar bende-aktiwiteite die ergste is, is 20 verskillende bendes geïdentifiseer, 221 verdagtes in hegtenis geneem, terwyl daar op 77 vuurwapens en vier voertuie beslag gelê is.

Meer oor:  Polisie  |  Bende-Eenheid
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.