Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Politiek behoort aan almal nie nét aan partye

Politieke partye kan nie ’n monopolie op politiek hê nie, het die konstitusionele hof Donderdag in Johannesburg gehoor.

Betoë is gelewer dat die Kieswet gewysig moet word om onafhanklike kandidate toe te laat om aan nasionale en provinsiale verkiesings deel te neem.

Die aansoek is deur die New Nation Movement NPC en ander partye gebring waarin die hoogste hof gevra word om die Kieswet ongrondwetlik te verklaar.

Die Organisasie teen Belastingmisbruik (Outa) het hul stem by dié van die New Nation Movement gevoeg.

Die New Nation Movement het aangevoer dat dieselfde maatreëls moet geld soos in munisipale verkiesings, waar onafhanklike kandidate hulself verkiesbaar kan stel.

“Dit is grondwetlik toelaatbaar vir plaaslike regering en dieselfde bewoording kan vir die nasionale en provinsiale regering gebruik word. Die twee stelsels kan naas mekaar staan,” sê adv. Tembeka Ngcukaitobi SC.

“Die Kieswet moet die onvoorwaardelike regte van die individu akkommodeer, soos uiteengesit in art. 19 van die Grondwet.”

Pres. Cyril Ramaphosa, wat die eerste respondent is, staan nie die verdienste van die aansoek teen nie en sal hom aan die hof se beslissing onderwerp. Die ministerie van binnelande sake, dit tweede respondent, staan egter die aansoek teen.

Volgens die New Nation Movement maak die Kieswet en ’n kiesstelsel wat net vir partye voorsiening maak, inbreuk op die reg van landsburgers om in verkiesings te staan en as verkose verteenwoordigers te dien.

Die aansoekers vra die hof om die parlement opdrag te gee om die ongeldigheid en tekortkominge van wetgewing oor verkiesings reg te stel.

Ingevolge die huidige wetgewing word lede van die parlement nie regstreeks deur kiesers verkies nie, maar deur hul politieke party om op provinsiale of nasionale vlak te dien.

Die New Nation Movement se betoog berus op art. 18 en 19 van die Grondwet, wat betrekking het op die reg tot vryheid van assosiasie en die reg op politieke keuses, wat die reg insluit om vir die openbare gesag verkiesbaar te wees.

Die hof het uitspraak voorbehou.

Meer oor:  Politiek  |  Politieke Partye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.