Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
Politiek nie rede vir SA man se ontvoering

Roof – en nie politiek redes nie – was moontlik die motief vir die ontvoering van Christo Bothma (65) in Burkina Faso, Wes-Afrika, sê Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking.

Christo Bothma

Bothma, wat by die Inatha-goudmyn werk, is vroeg op ’n Sondagoggend in September saam met ’n burger van Burkina Faso en ’n man van Indië tussen die myn en die dorp Djibo naby die grens met Mali en Niger ontvoer.

Sisulu het Donderdag in Pretoria op haar maandelikse inligtingsessie aan joernaliste gesê die dag toe Bothma-hulle ontvoer is, was daar geen veiligheidswagte by die myn nie.

Boonop het niemand nog ’n losprys geëis nie.

’n Vriend het vroeër gesê hy verneem die ontvoerders het die mynbase in Burkina Faso gekontak en gesê dat hulle die drie mans as gyselaars aanhou vir ’n losprys.

Lindiwe Sisulu, minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Donderdag in Pretoria aan die woord op haar maandelikse inligtingsessie met joernaliste. Foto: Sarel van der Walt

“Hulle het nie gesê wat die losprys is nie en het sedertdien nie weer kontak gemaak nie,” sê die vriend.

Sisulu sê Suid-Afrikaanse diplomate in die streek werk ten nouste met die wetstoepassingsowerhede saam om Bothma op te spoor. Suid-Afrika het nie ’n heeltydse ambassadeur in dié land nie.

Bothma se familie word deurlopend op die hoogte van sake gehou, sê Sisulu.

Meer oor:  Lindiwe Sisulu  |  Christo Bothma  |  Burkina Faso  |  Ontvoering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.