Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Politieke wil ontbreek om misdaad te pak’

Op nasionale vlak is daar geen politieke wil om misdaad te bekamp nie, sê Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid.

Hy het ná sy eerste maand in die portefeulje vir gemeenskapsveiligheid op ’n nuuskonferensie in Kaapstad gepraat en gesê te veel mense in die Wes-Kaap sterf weens geweld.

Hy wag steeds dat die polisie reageer op die provinsiale regering se aanbod om vir bykomende reserviste te betaal en om amptenare aan te wys om administratiewe werk by polisiekantore te doen.

Volgens Winde is daar te min polisielede, te min polisievoertuie en is die werklas van speurders is te groot.

“Ons het Dag Zero bereik wat die politieke wil en leierskap op nasionale vlak betref,” het Winde gesê.

Alan Winde, Wes-Kaapse LUR vir gemeenskapsveiligheid. Foto: Malherbe Nienbaer

Winde sê hy het nog nie ’n antwoord van Bheki Cele, minister van polisie, gekry oor die behoeftes en prioriteite vir polisiëring wat die provinsie op 10 Oktober gestuur het nie.

Daar is ook glo geen aanduiding of die polisie die R5 miljoen van die Wes-Kaapse regering sal aanvaar om vir bykomende reserviste te betaal nie.

“As die minister ernstig is daaroor om misdaad in ons provinsie te bekamp en die druk op polisielede te verminder, sal hy dié aanbod aanvaar.”

Verder het die provinsie aangebied dat van sy 84 000 personeellede as vrywilligers administratiewe werk soos die waarmerk van dokumente sal doen in die plek van opgeleide polisielede.

“Ons polisielede veg ’n moeilike stryd. Hul werk om mense veilig te hou word uiters moeilik gemaak deur ’n ernstige tekorte aan hulpbronne.”

Winde sê daar is ’n tekort van 4 500 polisielede in die Wes-Kaap, terwyl die polisiemag van 22 038 in 2013 tot 20 969 lede tans gedaal het.

Intussen is 83% van moorde in die provinsie bendeverwant volgens misdaadsyfers vir die boekjaar 2017-’18.

In die afgelope 30 dae het Winde probeer om minstens 10 polisiekantore te besoek. Dit sluit in Philippi-Oos, Mitchells Plain en Bishop Lavis waar 443 moorde die afgelope boekjaar aangemeld is.

“Ek het dit onomwonde aan alle polisielede en vrywilligers gestel dat ons die geveg na die nasionale minister sal neem om te verseker dat Wes-Kapenaars die misdaadbestryding kry wat hulle verdien.”

Winde sê hy gaan ook met die departement van justisie vergader om veral te verseker dat lasbriewe om vir vuurwapens te soek, vinniger uitgereik word.

In die afgelope maand het die provinsiale regering ook die blitslyn 078 330 9333 bekendgestel en belonings van R10 000 aangebied vir inligting wat kan lei tot die beslaglegging op onwettige vuurwapens.

Sedert 16 November is 31 wenke en 73 oproepe ontvang wat opgevolg kan word.

Meer oor:  Alan Winde  |  Politiek  |  Misdaadbekamping  |  Polisiëring  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.