Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Politiek
‘Populisme keer oplossings vir gronduitdaging’ – Cope

Die neiging van misplaaste militantheid en populisme ontneem Suid-Afrikaners van ’n geleentheid om oplossings vir die komplekse uitdagings van grondhervorming te vind.

Pakes Dikgetsi, nasionale voorsitter van Cope, het Dinsdag so gereageer nadat Mosiuoa Lekota, Cope-president, Maandag in ’n debat oor grondhervorming by Unisa in Pretoria gekoggel is omdat hy onder meer gesê het die grondkwessie is baie meer kompleks as wat mense besef.

Lekota is in die debat deur veral EFF-ondersteuners uitgejou toe hy gesê het die Khoi en die San was eerste in die land voordat swart groepe uit die meredistrik in Oos-Afrika na Suid-Afrika gekom het.

“Sommige mense sê ons grond is gesteel. Dit kleineer ons. Ons het baie oorloë gevoer. Jy kan nie sê dit is gesteel nie. Ons het geveg,” het Lekota onder die gekoggel deur gesê.

Mosiuoa LekotaFoto: EMILE HENDRICKS

Lekota het vroeër vanjaar ook tydens die debat oor pres. Cyril Ramaphosa se staatsrede in die parlement daarop gewys dat art. 25 van die Grondwet nie grondonteiening sonder vergoeding toelaat nie.

Hy wou by Ramaphosa weet wie se grond gevat sal word en aan wie onteiende grond gegee sal word omdat die Grondwet alle landsburgers as Suid-Afrikaners met regte erken.

Dikgetsi het Dinsdag in ’n verklaring gesê die gekoggel Maandag het gekom van “oorywerige randelemente” wat weier om na verskillende menings en argumente oor grondonteiening te luister.

“Omdat hulle hul ore toegemaak het vir enigiets wat hulle kan help met die komplekse en geskiedkundige konteks van die klousule oor eiendomsreg in die Grondwet, kon hierdie elemente nie hul begrip oor die dinamika van die grondkwessie verryk nie.”

Volgens Dikgetsi is dit sulke misplaaste militantheid en populisme wat die nasie ontneem om oplossings vir die komplekse uitdaging te vind.

“Gelukkig stel die denkende meerderheid van Suid-Afrikaners nie belang in halfgebakte idees soos daardie wat deur populistiese retoriek gepropageer word nie.”

Dikgetsi sê Lekota en ander wat destyds die ANC verlaat het, het dit gedoen om die Grondwet te verdedig.

Oor uitlatings van Lekota Maandag op die debat dat hy steeds ANC is, het Dikgetsi gesê Lekota wou dit net onderstreep dat Cope verbind bly tot die waardes en beginsels van die bevrydingstryd.

“Dit is baie duidelik dat vandag se ANC fundamenteel afgewyk het van die leerstellings waarvoor die party eens gestaan het.”

Volgens hom is die onteiening van grond sonder vergoeding een van daardie afwykings.

“Cope bly lojaal aan en verbind tot die bereiking van daardie ideale. Ons glo sterk dat Suid-Afrika aan almal behoort wat daarin woon, swart en wit,” het Dikgetsi gesê.

Meer oor:  Mosiuoa Le­Kota  |  Cope  |  Grondonteiening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.